- 500 ml (2 k) meelblom
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 1 ml (¼ t) sout
- 125 ml (½ k) sagte botter of margarien
- 190 ml (¾ k) strooisuiker
- 2 eiers, by kamertemperatuur
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 125 ml (½ k) melk of lemoensap
- 30 ml (2 e) stroop
- 5 ml (1 t) fyn kaneel
- 2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat
- 0,5 ml (1⁄8 t) fyn naeltjies
- 5 ml (1 t) fyngerasperde lemoenskil
- Lemoenversiersel 1*
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF). Smeer 'n koekpan van 20 x 20 x 5 cm en voer uit met bakpapier.
2. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam.
3. Verroom botter of margarien en suiker. Volg die metode vir Botterkoek*.
4. Voeg die eiers een-een by en klop goed ná elke byvoeging. Voeg die geursel by.
5. Voeg droë mengsel om die beurt met die melk of lemoensap by die bottermengsel en meng goed.
6. Verdeel die beslag in twee gelyke dele en voeg die stroop en speserye by een deel. Meng goed.
7. Voeg die lemoenskil by die ander helfte van die beslag en meng.
8. Skep die mengsels al om die beurt in die koekpan. Dit gee 'n marmervoorkoms as die koek gebak is.
9. Bak 50 minute lank. Laat 5 minute in die pan afkoel en keer uit. Wanneer koud, smeer lemoenversiersel oor.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT




















