- 1 Krummeltertkors*, enige opsie
- 22,5 ml (1½ e) gelatien
- 1 blik (400 g) ingemaakte fyn pynappel, gedreineer
- behou stroop en vul dit aan met water tot 250 ml (1 k)
- 15 ml (1 e) suurlemoensap
- 2,5 ml (½ t) sout
- 190 ml (¾ k) suiker
- 3 eiers, geskei
- 5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil
- geklitste room vir versiering
1. Week gelatien in 60 ml (4 e) van die koue pynappelstroop-en-water-mengsel.
2. Meng orige 190 ml (¾ k) stroop-en-water met suurlemoensap, sout en 125 ml (½ k) van die suiker. Verhit tot kookpunt en voeg die helfte van die kokende vloeistof by die geweekte gelatien. Roer tot opgelos.
3. Klits eiergele, voeg die orige warm stroop daarby en meng goed. Giet eiermengsel terug in die kastrol, roer aanhoudend en verhit tot net onder kookpunt. Laat afkoel.
4. Voeg suurlemoenskil en pynappelpulp by die gelatienmengsel en laat afkoel tot dit begin stol. Roer dan die afgekoelde eiergeelmengsel daarby in.
5. Klits die eierwitte styf terwyl die res van die suiker geleidelik daarby gevoeg word. Vou by pynappelmengsel in.
6. Skep vulsel in kors en laat heeltemal stol. Versier met geklitste room.
Variasie
• Vir 'n appelkoosskuimtert, gebruik 'n groot blik halwe appelkose, dreineer en hou 'n paar appelkooshelftes uit. Maak die res van die vrugte fyn en vervang die pynappel daarmee. Sny die uitgehoude appelkose in fyn skyfies en versier die tert daarmee.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT




















