Terte

KYK + KOOK | Sjokolade-yskastert

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
sjokolade-yskastert
sjokolade-yskastert
  • 750 ml (3 k) melk
  • 3 kaneelstokkies
  • 125 ml (½ k) suiker
  • 60 ml (4 e) mielieblom
  • 45 ml (3 e) kakao
  • 2 eiers, geskei
  • 10 ml (2 t) vanieljegeursel
  • 15 ml (1 e) botter of margarien
  • 15 ml (1 e) brandewyn
  • 2 pakkies vingerbeskuitjies
  • 125 ml (½ k) okkerneute of pekanneute, gekap
  • 125 ml (½ k) room, geklits

1. Kook 375 ml (1½ k) van die melk en die heel kaneel 3 minute lank saam.

2. Meng suiker, mielieblom en kakao met 125 ml (½ k) van die orige koue melk tot 'n gladde mengsel.

3. Haal kaneel uit en roer 'n bietjie van die kookmelk by die mielieblommengsel. Giet alles terug in die kastrol en roer oor lae hitte tot dik en glad. Laat goed deurkook.

4. Klits eiergele en roer dit saam met die geursel in. Haal kastrol van die stoof af.

5. Voeg botter of margarien by en roer tot gesmelt. Klits eierwitte styf en vou in. Laat sjokolademengsel effens afkoel.

6. Meng die orige melk en brandewyn. Doop van die vingerbeskuitjies een-een daarin en pak 'n laag onderin 'n vierkantige of langwerpige tertbord.

7. Bedek met 'n laag van die sjokolade-mengsel en strooi van die gekapte neute oor.

8. Herhaal die lae nog 'n keer en laat tert in yskas stol.

9. Versier bo-op met geklitste room en neute.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM