Niefiksie
Laastegoed
Annelie Botes
PENGUIN, R350
Annelie Botes se dood op 12 Desember 2024 het die einde van 'n era ingelui.
Byna meer as twee dekades het sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met 'n toegewyde lesersgehoor gedeel.
Vir Afrikaanse lesers was haar weeklikse rubrieke 'n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer.
Die rubrieke in Laastegoed het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots (2020).
Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare 'n vertroude instelling geraak het, is haar menings 'n besielende kleinood.





















