Fiksie
Die dood van Rachel April
P.P. Fourie
QUEILLERIE, R300
Rachel April se lyk word gevind met 'n steekwond in haar hart.
Lesea du Plessis, wat saam met Rachel 'n meesterstudent en lid van 'n diversiteitsprogram by die Universiteit van die Vrystaat was, stel ondersoek in.
Lesea het Rachel se dogtertjie belowe sy sal uitvind wat met haar ma gebeur het. Dit blyk dat Rachel tydens 'n internskap by die Anglo-Boereoorlog-museum iets ontdek het. Maar wat kan dit wees?
Iemand wil keer dat hulle die waarheid oor die moord oopvlek. En nou verkeer hulle self in doodse gevaar.





















