Boeke

Kortlys vir Ingrid Jonkerprys bekend

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ingrid Jonker
Ingrid Jonker

Vyf titels ding vanjaar mee om die Ingrid Jonker-debuutprys vir poësie waarvan die kortlys Dinsdag bekend gemaak is.

Die prys word jaarliks beurtelings aan Afrikaanse en Engelse bundels toegeken en vanjaar kom Engels aan die beurt.

Vanjaar kom Engelse debuutdigters in aanmerking.

Die kortlys:

Sarah Lubala, A History of Disappearance

Irya E.M. Maharaj, Earth-Circuit

Sizakele Nkosi, Grand Malume

Caitlin Stobie, Thin Slices

Melissa Sussens, Slaughterhouse

Dis nog onbekend wanneer die wenner aangekondig word, maar die prys word vanjaar op die Tuin van Digters in Wellington aan die wenner oorhandig. Die fees word van 13 tot 14 September gehou.

Vorige Engelse wenners sluit in Finuala Dowling en Beverly Rycroft.

Jonker, bekend om digbundels soos Ontvlugting, het op 19 Julie 1965 by Drieankerbaai die see ingeloop en verdrink.

Ná haar begrafnis het vriende en skrywers 'n "tweede" begrafnis vir Jonker gehou, waartydens die skrywer Jan Rabie die instelling van dié prys aangekondig het.

'n Versamelbundel, Ingrid Jonker: Die papie roer en ek word digter, wat bestaan uit haar digbundels Ontvlugting, Rook en oker en Kantelson, is onlangs deur Protea Boekhuis uitgegee.

Prof. Louise Viljoen het die voorwoord daarvoor geskryf.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM