Boeke

LUISTERBOEK | 'Siembamba' deur Madelein Rust

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Intekenare kan hierdie maand luister na 'Siembamba' deur Madelein Rust.
Intekenare kan hierdie maand luister na 'Siembamba' deur Madelein Rust.

Luister hier, boekwurms! Siembamba deur Madelein Rust is die luisterboek vir April,eksklusief vir Netwerk24-intekenare.Siembamba is 'n bloedstollende riller stampvol aksie en spanning. Moenie hierdie luisterboek misloop nie

Waaroor gaan die boek?

Intekenare kan hierdie maand luister na 'Siembamba' deur Madelein Rust.
Intekenare kan hierdie maand luister na 'Siembamba' deur Madelein Rust.

Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná 'n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy die lewe geskenk het. Maar enkele dae later kom Mindie af op 'n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel 'n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom? Siembamba is 'n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.

Meer oor die skrywer:

Madelein Rust. Foto: Annemarie Wichman
Madelein Rust. Foto: Annemarie Wichman

Madelein Rust se loopbaan as krimiskrywer skop af in 2014 met die publikasie van haar debuut, Die 13de kaart. Daarna volg daar elke jaar 'n nuwe roman waarvan drie titels vir ATKV-Woordveertjies benoem word. Sy is ook die skrywer van twee niefiksie-boeke: Kanker Schmanker! en Van vrees na vrede. Rust skryf voltydsen woon tans op St. Helenabaai.

Tegniese navrae oor die e-speler

Sukkel jy om na al die hoofstukke in ons e-speler te luister op jou Netwerk24-app? Probeer gerus die volgende metode: Hou een vinger op die e-speler en gebruik 'n ander om op te blaai op die speler. Die volle speellys van die deel uit die luisterboek sal outomaties laai.

Indien jy tegniese ondersteuning benodig of enige verdere navrae het, kontak gerus ons dienssentrum by 087 353 1300 of stuur 'n e-pos na diens@netwerk24.com. Kantoorure: Maandag tot Vrydag 07:00 - 14:00 (vir oproepe); Saterdag en Sondag 07:00 - 11:00.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM