Nuus

LUISTERBOEK | ‘Orion’ deur Deon Meyer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Luister hier, boekwurms! Die bekroonde skrywer Deon Meyer is vandeesmaand terug op Netwerk24, eksklusief vir intekenare. Orion (voorgelees deur Anrich Herbst) is ʼn meesleurende roman wat jou laat saans wakker sal hou. Moenie dit misloop nie!

Luister hier:

Waaroor gaan die boek?

Intekenare kan hierdie maand luister na 'Orion' deur Deon Meyer.
Intekenare kan hierdie maand luister na 'Orion' deur Deon Meyer. (Netwerk24)

’n Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike huis met ’n blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van Heerden het sewe dae om dié moord op te los en ’n testament te vind. Die enigste leidraad ’n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien báie dollars . . . Hoe dieper hy delf, hoe meer lae hy van dié ding afkrap, hoe meer smeer hulle toe.

Meer oor die skrywer:

Die skrywer Deon Meyer.
Die skrywer Deon Meyer. (Netwerk24)

Die internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in 13 misdaadromans (onder meer Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015, Koors, 2016, Prooi, 2018, en Donkerdrif, 2020. Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV-prys vir Spanningsfiksie.

Tegniese navrae oor die e-speler

Sukkel jy om na al die hoofstukke in ons e-speler te luister op jou Netwerk24-app? Probeer gerus die volgende metode: Hou een vinger op die e-speler en gebruik ‘n ander om op te blaai op die speler. Die volle speellys van die deel uit die luisterboek sal outomaties laai.

Indien jy tegniese ondersteuning benodig of enige verdere navrae het, kontak gerus ons dienssentrum by 087 353 1300 of stuur ’n e-pos na diens@netwerk24.com. Kantoorure: Maandag tot Vrydag 07:00 - 14:00 (vir oproepe); Saterdag en Sondag 07:00 - 11:00.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM