Celebs

Gemma: 'Ons het net mekaar'

Gemma van Eyssen is 'n graad 10-leerder in Hoërskool Nelspruit in Mbombela, Mpumalanga
Gemma van Eyssen is 'n graad 10-leerder in Hoërskool Nelspruit in Mbombela, Mpumalanga

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.

Die Covid-tydperk het my geleer dat …

Die lewe is só kosbaar. Dit het my vinnig laat wakker skrik en laat besef dat die wêreld jou niks skuld nie, dat alles in 'n oogwink kan verander en dat môre nie belowe is nie. Dit het my oë oopgemaak om alles te waardeer en die mense vir wie ek lief is te koester, want ons het net mekaar en niks op aarde anders as dit maak eintlik saak nie.

As ek net drie apps op my foon mag hê, dan kies ek ...

Instagram, WhatsApp en VSCO.

Gemma se inskrywingsfoto's
Gemma se inskrywingsfoto's

Watter Suid-Afrikaanse vrou inspireer jou, en hoekom?

Leandie du Randt. Sy is een van my grootste rolmodelle, want sy inspireer my om my drome na te jaag en om elke moontlike geleentheid aan te gryp. Ek dink sy is iemand wat baie passievol is oor wat sy doen en daarom het ek nog altyd na haar opgekyk.

Wat sal 'n werklikheidsreeks oor jou lewe genoem word?

The Simple Life.

Wat is jou lewensdroom?

Om eendag om die wêreld te toer en al die wonderlike plekke te gaan beleef. Daar is so baie om te ervaar! Ek wou al vandat ek klein was in die vermaaklikheidsindustrie werk - ek is mal daaroor om met mense te kommunikeer en om nuwe mense te ontmoet; ek sal graag my droom wil laat realiseer eendag!

Gemma in 'n neutedop

1.Winter of somer? Somer

2.Koffie of tee? Tee

3.Bordspeletjies of fliek? Fliek

4.Hond of kat? Hond

5.Boek of tydskrif? Tydskrif

6.Soet of sout? Sout

7.Jeans of rok? Rok

8.TikTok of Instagram? Instagram

9.Twitter of Snapchat? Twitter

10.Wildtuin of see? See

SARIE Nuwe Gesig word met trots geborg deur Isa Carstens Akademie en Lavish'd.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM