Teatergangers kan uitsien na 'n opvoering deur 'n nuweling wat Gqeberha se teaterwêreld betree het.
ADHD, the Bottle and Meis geskryf en word opgevoer deur Chantal Harris.
Die produksie is 'n hartroerende reis van 'n verslaafde persoon. Van die diagnose tot by die oorwinning daarvan met introspeksie gepaardgaande met pittighede word in dié produksie belig.
"Hierdie produksie wat 'n sensitiewe dog algemene onderwerp aanraak, is 'n goeie balans van komedie, hartroerende oomblikke en twists," sê Sopie Jones, die regisseur daarvan.
"Haar optrede is werklik kragtig en dit was 'n voorreg om saam met haar hieraan te kon werk."
Die plaaslike musikante Onyx en Milo Nirvana sal ook die gehoor met hul sielvolle melodieë bekoor terwyl die plaaslike komediante Nolwazi Nkwandla en Kyle Haupt deurentyd vir 'n bietjie lighartige verligting sal sorg.
Hannah Bezuidenhout tree as gasvrou vir die eenmalige opvoering op.
ADHD, the Bottle and Me word op Vrydag 21 Junie om 18:30 by die Isithatha-teater in 9de Laan 12 in Walmer, Gqeberha, opgevoer.
Die kaartjies kos R80 per persoon en kan aanlyn deur Quicket of by Chantal gekoop word.
Bel Chantal by 069 196 4098 vir nog inligting. Daar sal 'n kontantkroeg beskikbaar wees.




















