Praat oor teater-ervaring

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Teaterliefhebbers kan Vrydagaand deelneem aan 'n gesprek met die dramaturg en spelers van die produksie Found.

Die skrywer Darryl Nel het Found verlede jaar by die Teksmark in die Baxter-teater in Kaapstad bekend gestel met 'n voorlesing daarvan.

Volgens Nel is die stuk, met 'n sterk en roerende strekking oor Oos-Kaapse identiteit en kultuur, goed op die Teksmark ontvang. Dit handel ook onder meer oor die impak wat die Covid-19-virus op die lewe van gewone Suid-Afrikaners gehad het.

Dié unieke gesprek word in die Isithatha-teater in Gqeberha aangebied deur DNS Produksies. Akteurs en glanspersoonlikhede soos Niqui Cloete-Barrass, Annaline­ Stiglingh, Buli G en Arthur­ Daniels tree op.

Ná afloop van die aanbieding sal die gehoor 'n geleentheid kry om die produksie met spelers te bespreek. Met die publiek se terugvoering­ wil die spelers die produksie afrond vir latere optredes op ander kunstefeeste.

Agter van links is Arthur Daniels, Darryl Nel (skrywer en regisseur vanFound) en Niqui­ Cloete-Barass. Voor links is Annaline Stiglingh en Buli G.
Agter van links is Arthur Daniels, Darryl Nel (skrywer en regisseur vanFound) en Niqui­ Cloete-Barass. Voor links is Annaline Stiglingh en Buli G.

Nel is ook die regisseur van die produksie en sien daarna uit om vir die eerste keer weer nou saam met Cloete-Barrass, sy vorige vennoot, te werk.

Dié twee het reeds meer as 30 jaar gelede vir die eerste keer begin om saam verhoogproduksies te skryf.

Stiglingh het al in verskeie van Nel se produksies opgetree in onder meer Macbeth, Legends of Rock en Romeo and Juliet.

Buli G is bekend as kunstenaar en TV-persoonlikheid.

  • Die geleentheid word om 19:00 in die Isithatha-teater in 9de Laan in Walmer, Gqeberha, as 'n geldinsamelingsprojek vir dié teater­ aangebied.

Donasies van R100 is welkom aanlyn op isithatha.co.za.

Bespreek plek vir die geleentheid per e-pos by foundatisithatha@gmail.com.

Willemien Green

SPELETJIES VANDAG

CTA