Skerp satire vir Vrouemaand

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die aktrises in die satire is (van agter links): Kerry Allen, Georgia Palmer, Niqui Cloete-Barrass en Mariloe Booysen Voor is Buli G (links) en Robin Williams. Foto: Chris Gertsch
Die aktrises in die satire is (van agter links): Kerry Allen, Georgia Palmer, Niqui Cloete-Barrass en Mariloe Booysen Voor is Buli G (links) en Robin Williams. Foto: Chris Gertsch

Vrouemaand word ook in Gqeberha gevier met 'n spesiale konsert wat net uit aktrises bestaan.

Die vlymskerp satire Curl up and Dye deur die dramaturg Sue Pam-Grant is binnekort hier op die planke. Die stuk speel af in die laat 1980's in 'n haarsalon in Johannesburg. Dit word deur die regisseur Robin Wil­liams aangebied.

Rolene, die geesdriftige eienaar van die salon is die spilpunt waarom die stuk draai. Sy sukkel om haar salon se deure oop te hou. Die salon is 'n gesellige en soms minder gemoedelike kuierplek waar die gemiddelde Suid-Afrikaanse vrou verteenwoordig word.

Sake word ál warmer in die salon wanneer rassistiese spanning toeneem en die sosiale dinamiek verander. Die onderskeie karakters se humorsin, die komiese misverstande en die absurditeit van hul situasies beloof om die gehoor te vermaak.

Curl Up & Dye delf diep in temas soos ras, geslag en magsposisies en speel in die apartheidsjare af.

Die spelers is Niqui Cloete-Barrass, 'n vermaaklikheidster en seremoniemeester, Buli G, 'n televisiepersoonlikheid- en uitsaaier, en die veteraanaktrises Mariloe Booysen, Kerry Allen en Georgia Palmer.

  • is van 16 tot 21 Augustus in die Isisthata-teater in 9de Laan 12, Walmer op die planke. Die vertonings begin om 19:30. Kaartjies is beskikbaar by www.isithatha.co.za. Die teater beskik oor 'n kontantkroeg en veilige parkering.
Willemien Green

SPELETJIES VANDAG

CTA