Bonsaimeisies
Erla Diedericks
Die psigiater Ann Marais breek weg na die Wonderberge, maar ’n vlaag ontvoerings vertroebel haar vakansie.
Marnus Mostert, ’n speurder, vertel haar van die grieselrige manier waarop ’n ontvoerder sy jong slagoffers martel voordat hy hulle vermoor: Hy buig en snoei hulle soos bonsaiboompies . . .
Daar is net een mens wat hulle kan help: Samael de Kock, ’n martelspesialis, psigopaat en gevangene van die Molenberg Psigiatriese Hospitaal.
Sal Ann die Tuinier, soos hulle die moordenaar noem, kan help vastrek voordat hy weer sy snoeiskêr optel?















