Feeste

Foxwoodfees begin dié naweek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jevon O’Donovan
Jevon O’Donovan

Van vandag af tot Sondag 30 Oktober gaan besoekers aan die Foxwoodfees in die Goudstad getrakteer word op 'n keur van kuns in ál sy vorms - met die klem op liefde en menslikheid.

So sê die feesstigters en -organiseerders, Jan Groenewald en Pieter de Vos.

Vanaand om 18:00 kan besoekers hulle verlustig aan 'n uitbeelding van die liefde in die skone kunste, saamgestel deur die internasionaal bekende beeldhouer en lektor Gordon Froud.

Môre om 10:00 is dit die amptelike opening van die Foxwoodfees met Johann Naudé, seun van die anti-apartheidstryder dr. Beyers Naudé, as geleentheidspreker. Die aktrise en teater-doyenne Sandra Prinsloo is ook aan die woord om kunstenaars en ondersteuners van die kunste te vereer.

"Terselfdertyd word wyle Neels Hansen, bekroonde verhoogregisseur, kostuumontwerper en lektor, se ontwerpsketse wat hy vir bewaring aan Sandra Prinsloo geskenk het, aan die Foxwood-museum oorhandig. Tydens die opening gaan Prinsloo ook hulde bring aan haar medeakteur en vriendin, Franci Swanepoel, wat enkele dae gelede oorlede is," lui 'n verklaring van die Foxwoodfees.

Sandra Prinsloo
Sandra Prinsloo

Môreaand kan feesgangers die eerste opvoering van Groenewald se toneelstuk, 'n Tyd om lief te hê, om 20:00 beleef. "Dié liefdesverhaal en verwerking vir die verhoog van sy gewilde radioverhaal, Anna van Geuwelkranz, speel af in die tydperk ná die einde van die Anglo-Boereoorlog. Met Groenewald as solo-speler en Jevon O'Donovan op die trompet," sê Foxwoodfees in sy verklaring.

  • Sondag om 10:00 word die sluier gelig oor Foxwood House se bewaarbiblioteek wanneer die sketsplanne bekend gestel word. Dit word om 11:00 gevolg deur 'n kykie in die lewe in "ou Pretoria" deur die joernalis Renée Conradie. Daarna word 'n Sondagmiddagete met tradisionele geregte vir feesgangers aangebied. Die fees word gehou by hul boetiek-venue, Foxwood House in Vyfdestraat 13, Houghton, Johannesburg. Besprekings kan gedoen word by info@foxwood.­co.za of by www.webtickets.co.­za. Meer inligting is op Foxwoodfees se Facebook-blad beskikbaar. - Beeld-redaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM