Die Toyota Stellenbosch Woordfees vier hul 25ste verjaardag met ’n feesprogram van meer as 400 produksies, gesprekke, partytjies, konserte en geleenthede. Hier is voorwaar iets vir almal om aan deel te neem.
Gunsteling-gunstelinge
Van die produksies se kaartjies verkoop soos soet verjaardagkoek. Die Stellenbosch Universiteitskoor se kaartjies vir al vier hul konserte is reeds uitverkoop. Daar is ook nog net enkele kaartjies vir die Woordfees-langtafel beskikbaar. Moet dus nie spyt wees omdat jy nie vroegtydig op die besprekingsknoppie geklik het nie.






Spier Toneelfees: Die Woordfeesspan beveel aan
- Boklied by die Open Window Filmstudio
- Boesman en Lena by Idasvallei Primêr
- Huis van sand by kykNet Rhenish Girl’s High
- Hortjies dig: Die storie van die digter Peter Blum by die HMS Bloemhof-skoolsaal
- Ek is nie Danie by die Spier-ouditorium
- Kinderlê by Idasvallei Primêr
- Kompoun by die Adam Small-laboratorium
- “KUNS” by die Adam Small-ouditorium
- Liefde, Lafras by kykNET Rhenish Girls’ High
- Moedswil en muitery by die Open Window Filmstudio
- Bridling by die HMS Bloemhof-skoolsaal
- The Fugue of Tjebolang by die Adam Small-laboratorium
En daar was die woord
Met ’n digter in beheer van die boekprogram, kan ’n mens net ’n goeie aanbod verwag. Bibi Slippers is vanjaar vir die tweede keer koördineerder van die EasyEquities-skrywersprogram en sy het ’n uiteenlopende program saamgestel wat in elke boekwurm se smaak sal val.
Hierdie jaar is daar ook ’n spesiale Skrywerspartytjie by die Boekklub in Johannesdal.
’n Nuwigheid by vanjaar se EasyEquities-skrywersfees is dat (byna) al die poësie-voorlesings en bundelbesprekings op een dag geskeduleer is.
“Entoesiaste van digkuns kan ’n dagkaartjie koop wat jou toegang gee tot al die sessies, of vir enkele sessies apart bespreek,” vertel Bibi. Deur die loop van Sondag 12 Oktober gaan daar in sewe sessies met tientalle van die land se voorste digters gesels word. Vir Bibi is een van die hoogtepunte, die gesamentlike voorlesing deur feesdigters Antjie Krog en Siphokazi Jonas in Alles wat ons deel.
Klassieke musiek: Die Woordfeesspan beveel aan
- Afrikaans 100 by die Standard Bank Endler
- The Barber of Seville by die Spier-amfiteater
- The Magic Flute by die HMS Bloemhof-sentrum
- Da Capo! by die Standard Bank Endler
- From Cape Town to Leipzig by die Standard Bank Endler
- Klavier-extravaganza II by die Standard Bank Endler
- Operagunstelinge II by die Standard Bank Endler
’n Resep vir musiekpret
Dit gaan daar wees: een lied, een oomblik, wat jou onverwags tref. En dit geld een deel gehoor én een deel kunstenaars. Min mense kan een produksie uit ’n verskeidenheid van musiekgenres en kunstenaars saamstel soos Janine Neethling, musiekregisseur van Een deel dit, een deel dat. Deur die jare het sy al gesorg vir verskeie Woordfees-treffergeleenthede. Dink maar aan die Ballades of Degrees of Honour.
Vir 2025, is die “hutspot” ’n belofte van allerlei wonderlike klanke – maar almal Suid-Afrikaans van herkoms. Soos die programboek sê: “Dié musikale fusion vier die ryk erfenis en innovasie wat Suid-Afrikaanse musiek werklik uniek maak.” Een deel dit, een deel dat is ’n musikale hoogtepunt om na uit te sien.

Toyota Musiekfees: Die Woordfeesspan beveel aan
- Een deel dit, een deel dat by die HMS Bloemhof-sentrum
- Skrootwerf-evangelie: Gebroke hallelujas en verroeste belydenis by die HMS Bloemhof-sentrum
- Omwentelinge: ’n Papierspel by die Drostdy-teater
- Ontaard: Spoken Word by die Spier-ouditorium
- Sathima’s Africa by dieThe Daisy Jones Bar
- Zanne Stapelberg: Once Upon a Tune by die HMS Bloemhof-sentrum
- Zoid Psalms by die Kruiskerk
Konserte onder die sterre
Bring jou dansskoene en kampstoele en maak gereed vir ’n wonderlike reeks buitelugkonserte by vanjaar se Toyota Musiekfees in die Jan Marais-natuurreservaat. Met genoeg eet- en drinkgoed by die konsert, is die piekniektafel gedek vir ’n week van uitstaande gehalte en partytjie vibes.


Toyota Musiekfees-opelugkonserte: Jan Marais-natuurreservaat
- Soweto String Quartet: Klassiek en kwêla tot tango en techno
- Will Linley
- Mandisi Dyantyis
- Early B & Salome
- Roan Ash & Brandon Miles
- Die Piesangskille
Kuns maak gesond
Met byna 90 kunstenaars en sowat 120 werke word kunsliefhebbers en -beleggers vanjaar behoorlik bederf.
Veldhospitaal is ’n opwindende smeltkroes van kunstenaars wat met kuns, musiek, vertonings en uitvoerings die kyker gaan bekoor en begogel in ’n nuwe baanbreker-feeskonsep. Die pret speel af by die Libertas-plaas.
Visuele kuns was nog altyd een van die Toyota Stellenbosch Woordfees se swaartepunte. Heinrich Groenewald en Shona van der Merwe het vanjaar se uitstalling byeengebring, in samewerking met die veilingshuis, Strauss & Co., wat ook die aanlyn veiling hanteer. Verskillende uitstallings in verskillende ruimtes is elke dag oop om te besoek. Rondleidings deur die kunstenaars voeg waarde by tot die kunservaring en gee konteks aan die visuele ervarings. Kundiges gesels oor kunsversamelings. Met die kunsveiling is dit maklik om met ‘n kunswerk huiswaarts te keer.
Kunstenaars kan ook by hul ateljees besoek word. Vind die volledige kunsprogram hier.
Lyfstories
Van groot ensembles tot ballet tot moderne interpretasies van ou verhale. Die dansprogram is uiteenlopend en bring weer opwindende talent na die Woordfees-verhoog. Die een wat bly is vir die KKNK se Kanna-pryse benoem in die kategorieë vir beste regie, beste toneelstuk, beste debuut, beste ontwerp, beste ensemble en beste literêre bydrae.

Dans
- Die een wat bly by die HMS Bloemhof-skoolsaal
- Beyond: A Fantasy Cirque Experience by die Adam Small-ouditorium
- Cape Ballet Africa: Salt by die Adam Small-ouditorium
- Gat by die Libertas-plaas

ATKV bring wenners
Taalgenoot se Ruk en Rym is ’n battle-of-the-bands-styl-kompetisie vir musikante wat met Afrikaanse lirieke alternatiewe musiek maak. Die kompetisie is oop vir musikante wat in enige genre werk, solank die musiek ’n alternatiewe benadering het. Die vertoning is die eindronde van die kompetisie, en die wenners sal aan die einde van die geleentheid aangekondig word. Jack Parow is een van die gasbeoordelaars en gaan ’n volle vertoning met sy band doen net voor die wenners bekend gemaak word.
ATKV belê in die taal en in die jeug. Met hul ATKV-tienertoneelkompetisie bring hul weer die nasionale wenproduksie na die Woordfees. Dis altyd ’n hoogtepunt om die gehalte van drama in die skole te sien.
Verskil van mekaar. Dis verniet.
Die fees hoef jou nie ’n arm en ’n been te kos nie. Skenk net ’n nier daar by die Veldhospitaal en dan kan jy verniet deelneem aan die Diskoersprogram!
Hierdie jaar se program is weer propvol interessante gesprekke met deskundiges, kundiges, akademici en politici. Van godsdiens tot studentekwessies, van wetenskap tot filosofie, van teatergesprekke tot gesondheid, van sport tot sports.
Netwerk24 se Die onderhoud met Mia bring die groot kanonne na die Netwerk24 Diskoerstent agter die US Museum. Mia Spies gesels met onder meer Thuli Madonsela, Leon Schreiber, Bertus Basson en Whitey Basson. Netwerk24 se politieke redakteur, Gert van der Westhuizen, bring verskillende kundiges in die Netwerk24-gespreksreeks bymekaar om te gesels oor relevante, interessante en soms verdelende onderwerpe.
RSG saai ook elke dag uit vanaf die RSG-verhoog reg agter die US Museum en luisteraars kan hul gunsteling-omroepers kom ontmoet.
Kry die volledige feesprogram by www.woordfees.co.za.
GEBORG
Universiteit Stellenbosch
Kennis én kuns is gemaak om te deel. Kom kyk, luister en leer saam by die Toyota Stellenbosch Woordfees. DieUniversiteit Stellenbosch kweek ’n ondersoekende gees en ’n lewenslange begeerte om te leer. So ontwikkel hulle wêreldklaskenners, -kundiges en -kunstiges.
Die US is ook die trotse tuiste van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Want die Matiegees is gemaak om te deel.
Toyota

Die Vitz- kompakte luikrug is die perfekte rondrits-ryding vir elke dag en pronk met kenmerke soos remhulp, stabiliteitsbeheer, sitplekgordelalarms, parkeerafstandbeheer en ’n trukamera*. Boonop het ál die Vitz-modelle nou ook kant- en gordynlugsakke bo en behalwe die voorste lugsakke.
Kies die perfekte klankbaan deur die raakskerm-inligtingvermaakstelsel met Apple CarPlay* en Android Auto* en ry die wêreld plat met die 4.4 ℓ/100 km-brandstofverbruik sonder om ’n plaas se prys te betaal.
Kry nóg meer Vitz vir minder kontant! Besoek jou Toyota-handelaar of die Toyota-webwerf vir meer inligting. *Net in sekere modelle beskikbaar.
Jonathan Ball Publishers

Kom kuier saam met jou gunsteling-skrywer by vanjaar se Woordfees!
Brei jou sakekennis uit, leer by wyses, ontdek ’n nuwe skrywer, wees nostalgies oor ’n ou gunsteling en luister saam na poësie uit die boonste rakke.
Sien jou daar!
EasyEquities

Jou geldsake hoef nie ’n raaisel te wees nie. Soos ’n goeie storie, ontvou ’n wonderlike beleggingsreis in hoofstukke – en EasyEquities help jou om joune te skryf, in jou eie woorde.
Hulle bemagtig jou om te leer en te groei as ’n belegger met lae fooie, buigsame opsies en ’n vriendelike platform wat baie maklik is om te gebruik. Begin klein, droom groot – en belê in plaaslike en globale aandele, eiendom, effektetrusts en meer, alles vanaf jou foon.
Of jy nou beplan vir aftrede of net slimmer met jou geld wil werk, EasyEquities maak belegging toeganklik – vaktaal- en oordeelsvry.
Want om beheer oor jou finansiële toekoms te neem, is ’n reg wat almal verdien. Al wat jy nodig het, is die wil om te begin – en dit kan nie makliker wees nie.
Kry R50 wanneer jy registreer deur die unieke Woordfees-skakel te gebruik.
Kelders van geheime

Kelders van geheime is nie net te sien op e.tv (DStv-kanaal 194 of Openview-kanaal 104) nie, maar ook op eExtra (DStv-kanaal 195 en Openview-kanaal 105) van Maandag tot Vrydag om 18:30! Die tergende geheime wat in seisoen 1 ontdek is, word voortgesit in seisoen 2 en niemand word ontsien van die gevolge nie. Tans is Hermien Marais (Sandra Prinsloo) in die hof om te hoor of sy haarself kan regmaak vir ’n leeftyd in die tronk, terwyl Jan Snyman (Dawid Minnaar) reeds vir haar ’n lewe buite die gevangenis bewerkstellig.
Veronique Marais (Rushney Ferguson) se lewe begin al hoe meer bedreig word deur Dawn, die mens wie sy was voor sy Soebatskloof toe gekom het. Die res van die Marais- en Syster-families gaan in hul spoor moet trap, want daar is ’n slang los in hierdie paradys. Haal in met die omnibus op Sondae om 10:25 of laai eVOD af op jou slimfoon, rekenaar of TV en hou al die intriges en drama daagliks dop.
Kry hulle ook op Tiktok en Instagram.
Open Window

Open Window (OW) het nou ook ’n kampus in Stellenbosch.
OW wat in 1989 gestig is, het aanvanklik eenjaar-diplomas in kuns en ontwerp aangebied. Die instelling het vinnig gegroei en het in 1994 tersiêre onderwysstatus en in 2002 volle institusionele akkreditasie van die Raad vir Hoër Onderwys verkry. Dit het die registrasie van sy eerste baccalaureusgraad moontlik gemaak. In 2010 het OW na sy huidige, groter kampus in Centurion geskuif, met ’n ruim biblioteek, klank- en produksiegeriewe, en groot, goed toegeruste ateljees.
Oor die jare het Open Window sy loopbaangerigte kursusaanbiedinge konsekwent uitgebrei en geakkrediteerde grade soos die Baccalaureus in Filmkuns en die Baccalaureus in Kreatiewe Tegnologieë bygevoeg. In 2024 het die instelling verder gegroei met die bekendstelling van sy eerste satellietkampus in Stellenbosch en ’n nuwe nagraadse diploma in kreatiewe praktyk. Open Window het reeds ’n verskeidenheid hoër sertifikaat-kwalifikasies in 2025 bekendgestel en beplan om nog in 2026 by te voeg.
Open Window is ook onlangs deur die Loeries gekies as die #1 opvoedkundige instelling in Afrika en die Midde-Ooste.
Rupert Museum

Deel in die kunste tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees met ’n besoek aan die Rupert Museum in Stellentialaan, Stellenbosch. Hierdie museum is die tuiste van kuns wat deur wyle dr. en mev. Rupert tussen 1940 en die vroeë 2000’s versamel is. Van wisselende uitstallings en aktiwiteite vir kinders, tot hul gesellige Café – ’n besoek aan die museum is altyd ’n goeie idee! Toegang tot die museum is gratis, asook die rondleidings wat op Woensdae en Vrydae plaasvind van 11:00 tot 12:00 of 13:00 tot 14:00.
Toegang is gratis.
Dinsdae tot Vrydae: 10:00 – 17:00 | Saterdae en Sondae: 10:00 – 16:00
rupertmuseum.org | info@rupertmuseum.org | 021 888 3344
ATKV

Tydens vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees kan feesgangers die krag van jong talent beleef wanneer die 61ste wenner van ATKV-Tienertoneel hul buiging maak kort ná die naelbyt-eindronde in Kaapstad.
Verder gaan die Taalgenoot-Ruk en Rym se eindronde ook op die feesprogram verskyn, met Jack Parow as gasbeoordelaar vir hierdie musiekkompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak. Hy gaan ook ’n volledige vertoning lewer net voor die wenners bekendgemaak word.
Kom kuier daagliks by die RSG/ATKV-vierkant by die US Museum en ervaar jou gunstelingaanbieders in lewende lywe.
Besoek gerus www.atkv.org.za vir meer inligting.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.





















