Visuele kunsprogram ‘krap dieper’

Wanneer laas was jy by 'n kunsuitstalling?

Dalk is Oudtshoorn die plek om jouself uit te daag om die "kuns" in "kunstefees" te ondersoek, oop te krap en jou kunshorisonne te verbreed.

Lucia Boer, kurator van die visuele kunsprogram, verduidelik dat toeganklikheid en kunskierigheid juis dit is wat hulle vanjaar met die program wil aanwakker en uitbrei.

Die tema van die program is "Krap waar dit jeuk", en sy verduidelik dit verwys na die spreekwoord "moenie krap waar dit nie jeuk nie".

"Enige ‘kunskierige' mens weet dat kuns presies die teenoorgestelde uitwerking het. Hoe meer jy daarvan sien, hoe meer wil jy daarvan weet.

"Ek wou graag 'n tema kies wat sou inpas by die oorhoofse ‘Kunskierig'-tema."

Een van die hoogtepunte van die program is die gekombineerde uitstalling van die feeskunstenaar Johannes Maswanganyi en sy seun Collen Maswanganyi. Dance and carve with my father is 'n monumentele uitstalling van die bekroonde pa en seun se houtbeelde.

  • Kunsgesprekke en -rondleidings:

Die kunsgesprekke en rondleidings is vanjaar gekombineer. Dit is elke dag van 11:00 tot 12:00 en elke dag word twee uitstallings gekies waartydens kunstenaars en/of kurators 'n in diepte gesprek kan voer oor hul werk. Die rondleiding begin 11:00 elke dag by die Prince Vincent-gebou.

Dis die perfekte geleentheid om die kunstenaars of kurator te ontmoet en die geheime agter hul werk en metodes oop te krap en beter te verstaan.

Donderdag:Aspire Art Auctions en Johannes en Collen Maswanganyi

Vrydag: Age of Innocence en Artist Proof Studio

Saterdag 31 Maart: Walter Battiss en Creative Block

Sondag 1 April: Absa-rondleiding na een van die Absa-persele en Johannes en Collen Maswanganyi

Maandag 2 April:Equals and Averages en Architectus-konstruksie

Dinsdag 3 April: Aspire Auctions en Vuurdans

Woensdag 4 April: I Was Shot en Re-acclimate en Open Dialogues

Marchelle van Zyl

SPELETJIES VANDAG

CTA