Kuns

Beeldhouer Claes Oldenburg sterf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die beeldhouer Claes Oldenburg is op 93 dood.  Foto: Christopher Felver/Getty Images
Die beeldhouer Claes Oldenburg is op 93 dood. Foto: Christopher Felver/Getty Images

Die Sweeds gebore Amerikaanse beeldhouer Claes Oldenburg (93) is Maandag in sy huis in New York dood.

Hy het sowat 'n maand gelede geval en sy heup gebreek en was daarna nooit weer heeltemal gesond nie, het The Guardian berig.

Die Pace Gallery in New York, wat hom jare lank verteenwoordig het, het bevestig dat hy dood is.

Hy was veral bekend om sy sketse en massiewe openbare installasies van alledaagse voorwerpe, soos 'n tuingraaf en wasgoedpennetjie, asook sagte afbeeldings van dinge soos hamburgers en koeke, berig CNN.

Hy was ook 'n sleutelfiguur in die Pop Art-beweging.

Benewens sy onlosmaaklike rol in die ontwikkeling van pop-kuns, het hy die aard van beeldhouwerk van hard na sag verander, en sy invloed kan tot vandag toe gesien word.

Saam met sy vrou, Coosje van Bruggen, was hy by meer as 40 reusagtige openbare kunsprojekte oor die wêreld heen betrokke.

"Ek was geëerd om vriende te wees met een van die mees radikale kunstenaars van die 20ste eeu. Benewens sy onlosmaaklike rol in die ontwikkeling van pop-kuns, het hy die aard van beeldhouwerk van hard na sag verander, en sy invloed kan tot vandag toe gesien word," sê Arne Glimcher, stigter en voorsitter van Pace, in 'n verklaring.

Oldenburg het in die laat 1950's en vroeë 1960's sy stempel in New York begin afdruk as een van die kunstenaars betrokke by Happenings - 'n hibriede kunsvorm wat installasies, uitvoerings en ander mediums insluit.

Vanweë sy werk met rekwisiete in Happenings het hy sagte beeldhouwerke begin skep. Dit het nuwe grense in die medium gebring en die tradisionele inhoud, vorm en materiaal verbeter.

Oldenburg en Van Bruggen se enorme beeldhouwerk 'Spoonbridge and Cherry' (1985-1988) by die Walker-kunssentrum in Minneapolis het 'n simbool van die stad geword.

Oldenburg is in 1929 in Stockholm gebore en het aan die Universiteit van Yale en die Art Institute van Chicago gestudeer, waar die kunstenaar Paul Wieghardt een van sy mentors was.

Sy eerste groot openbare installasie, die Placid Civic-monument in Central Park in New York, is 'n sloot van ses voet diep wat in 1967 agter die Metropolitan-kunsgalery gegrawe is.

Oldenburg is in 1977 met Van Bruggen getroud, met wie hy langer as 30 jaar saamgewerk en transformerende beeldhouwerke, opvoerings en ander kunswerke geskep het. Hul monumentale beeldhouwerke is oor Amerika, Europa en Asië heen geïnstalleer by Rincon Park in San Francisco, Piazzale Cadorna in Milaan, die Tsjeonggjetsjeon Stream in Seoel, en vele ander terreine. Oldenburg en Van Bruggen se enorme beeldhouwerk Spoonbridge and Cherry (1985-1988) by die Walker-kunssentrum in Minneapolis het 'n simbool van die stad geword.

Ná Van Bruggen se dood in 2009 het Oldenburg net een kunswerk, Shelf Life, geskep.

  • In 2021 is van Oldenburg en Van Bruggen se werke in die solo-uitstalling A Duet by Pace uitgestal om die paartjie se laaste werk saam te vier.

Oldenburg se werke is opgeneem in groot kunsversamelings wêreldwyd, soos die Metropolitan-kunsgalery in New York, die Tate in Londen, die Moderna Museet in Stockholm en die Stedelijk-museum in Amsterdam.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM