Kuns

Kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

KUNS:

Artec-kunsgemeenskapsentrum, Birdstraat 36, Sentraal, Gqeberha:

Kunstenaars word uitgenooi om aan 'n uitstalling, Portrait of the Selfie Girl, deel te neem. Tekeninge en skilderye sal aanvaar word, maar geen fotodrukke van selfies nie. Inskrywings kos R50 per persoon. Die werk kan geraam of ongeraam wees en moet teen 31 Maart ingedien word.

Kontak Artec op Instagram vir meer inligting.

GFI-kunsgalery, Parklaan 30, Sentraal, Gqeberha:

Patterns in the Whole,'n solo-uitstalling van fotografie deur Karl Schoemaker, duur tot 29 Maart.

Skakel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos aan manager@gfiartgallery.com.

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda:

'n Allegaartjie van kunswerke in verskillende kunsstyle deur kunstenaars soos Frans Boekkooi, Joanne Reen, Thea van Staden, Dirkje Daling, Idil Sheard, Stephanus du Toit en Willem du Plessis kan by die galery besigtig word. Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za vir inligting. Die galery kan van Maandag tot Saterdag van 09:00-15:00 besoek word.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:

The Art Museum is a Meeting Place is 'n uitstalling waarmee hulde gebring word aan die museum wat mense bymekaarbring om idees te deel en kuns te promoveer. Die uitstalling duur tot 30 Junie 2023.

Bel 041 506 2000, stuur e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.za of besoek artmuseum. co.za.

Die museum kan in die week van 09:00-16:30 besoek word (dis gesluit op Dinsdae). Toegang tot die mu­seum is gratis.

Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat, Sentraal, Gqeberha:

Eureka, 'n insiggewende kunsuitstalling wat deur die onwettige mynbedryf in Kimberley geïnspireer is, deur prof. Janine Allen-Spies en dr. André Rose, kan tot 29 Maart in die week van 10:00-15:00 besigtig word.

Stuur e-pos aan gallery@mandela.ac.za vir meer inligting.

Petra Stiglingh-kunsgalery, Fountains-inkopiesentrum, Jeffreysbaai:

'n Groepuitstalling kan by die galery besigtig word. 'n Groot verskeidenheid kunsmateriaal soos Winsor en Newton, Derwent, Rembrandt Golden en boeke en papier soos Arches, Hahnemühle, Pastelmat, Canson en Fabriano word ook daar verkoop.

Die galery kan in die week van 08:00-19:00 en gedurende die naweek van 08:00-17:00 besoek word. Skakel 072 388 8738 vir meer inligting.

Musiek:

Old Grey Sports Club, Lenoxstraat 2, Glendinningvale, Gqeberha: The Ladies of the 80's word op 28 April om 19:00 aangebied. Die kaartjies kos R100, R120 en R150. Bel Tarryn by 076 322 9850 vir meer inligting en om plek te bespreek.

Mark:

Art & Market in St. George's Park, Parkrylaan, Sentraal, Gqeberha:

Dié maandelikse mark word op Sondag 26 Maart in St. George's Park van 09:00-14:00 aangebied. Kuns, tuisgemaakte produkte, antieke ware, boeke, plate, speelgoed en plante is van die produkte wat daar te koop aangebied word.

Bel Maureen Pearson by 082 257 4691 vir meer inligting oor die mark.

Stuur kunsnuus na Willemien.­Green@­dieburger.com.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM