Kuns

Kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Art with Heart, Werk1.0, Waterleaf Workshop, Lower Valley-weg, Baakensvallei, Gqeberha:Opwip-uitstalling en -verkoping van kunsmateriaal, kunswerke, juwele en tweedehandse klere word van 27 tot 30 April in die week van 10:00 tot 19:00 en oor die naweek van 10:00 tot 16:00 aangebied. Skakel 082 854 0426 of 062 179 2021 vir meer inligting.

GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha: Umbhiyozo - Celebrating Pemba. The Art & Legacy of George Milwa Mnyaluza Pemba. Met die uitstalling word hulde gebring aan die kunstenaar. Daar word 26 werke uitgestal wat aan die Nelson Mandela-kunsmuseum en aan private kunsversamelaars behoort. 'n Begeleide uitstappie van die uitstalling sal môre van 11:00 tot 12:00 deur Bobo Pemba, 'n kleinseun van George Pemba, by die galery aangebied word. Die uitstalling duur tot 3 Junie. Skakel 041 586 3973 of stuur e-pos na info@gfiartgallery.com vir meer inligting. Besoek die galery in die week van 10:00 tot 16:00 en op 'n Saterdag van 10:00 tot 13:00.

'n Ongetitelde werk deur George Pemba wat by die GFI-kunsgalery in Gqeberha tot 3 Junie besigtig kan word.
'n Ongetitelde werk deur George Pemba wat by die GFI-kunsgalery in Gqeberha tot 3 Junie besigtig kan word.

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda: 'n Allegaartjie van kunswerke in verskillende kunsstyle deur kunstenaars soos Frans Boekkooi, Joanne Reen, Thea van Staden, Dirkje Daling, Idil Sheard, Stephanus du Toit en Willem du Plessis kan by die galery besigtig word. Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za vir inligting. Die galery kan van Maandag tot Saterdag van 09:00-15:00 besoek word.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha: The Art Museum is a Meeting Place is 'n uitstalling waarmee hulde gebring word aan die museum wat mense bymekaarbring om idees te deel en kuns te promoveer. Die uitstalling duur tot 30 Junie. Skakel 041 506 2000, stuur e-pos na artmuseum@mandelametro.gov.za of besoek artmuseum.co.za. Die mu­seum kan in die week van 09:00-16:30 besoek word (dis gesluit op Dinsdae). Toegang tot die mu­seum is gratis.

Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-galery, Birdstraat 20, Sentraal, Gqeberha: On the Drawing Board, 'n solo-uitstalling deur Jessica Staple, kan tot 28 April besigtig word. Besoek die galery in die week van 10:00 tot 15:00. Skakel 041 504 3293 of stuur e-pos na gallery@mandela.­ac.za vir meer inligting.

Musiek:http://www.southafricanartists.com/artists/yvette-mey-4189With%20more%20insight%20of%20me%20and%20my%20I%20between%20activities,%20on%20https:/www.facebook.com/pages/category/Artist/Yvette-Mey-Fine-Art-1441525159430545/http://www.southafricanartists.com/artists/yvette-mey-4189With%20more%20insight%20of%20me%20and%20my%20I%20between%20activities,%20on%20https:/www.facebook.com/pages/category/Artist/Yvette-Mey-Fine-Art-1441525159430545/

Old Grey Sports Club, Lenoxstraat 2, Glendinningvale, Gqeberha: The Ladies of the 80's word op 28 April om 19:00 aangebied. Die kaartjies kos R100, R120 en R150. Bel Tarryn by 076 322 9850 vir meer inligting en om plek te bespreek.

Teater:http://www.southafricanartists.com/artists/yvette-mey-4189With%20more%20insight%20of%20me%20and%20my%20I%20between%20activities,%20on%20https:/www.facebook.com/pages/category/Artist/Yvette-Mey-Fine-Art-1441525159430545/http://www.southafricanartists.com/artists/yvette-mey-4189With%20more%20insight%20of%20me%20and%20my%20I%20between%20activities,%20on%20https:/www.facebook.com/pages/category/Artist/Yvette-Mey-Fine-Art-1441525159430545/

Die Klein-teater, Athol Fugard-terras 7, Sentraal, Gqeberha: Dream, An Underrated Revue, word van 27 tot 29 April om 19:00 aangebied. Die kaartjies kos R120. Skakel 060 730 2052 meer inligting en om plek te bespreek.

Stuur e-pos aan Willemien. Green@dieburger.co.za vir enige kunsgebeure.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM