Kuns

Kunsdagboek

Sarah Walmsley by twee van haar uitsonderlike beeldhouwerke wat met die Back a Buddy-kompetisie gewen kan word.
Sarah Walmsley by twee van haar uitsonderlike beeldhouwerke wat met die Back a Buddy-kompetisie gewen kan word.

Die naweek se gebeure vir kunsliefhebbers.

Art with Heart, Baakensvallei, Gqeberha:

Ondersteun die plaaslike kunstenaar Sarah Walmsley deur Backa Buddy sodat sy die gesogte residensieskap by die Chateau d'Orquevaux inFrankryk kan bywoon. Sy is een van die min kunstenaars oor die wêreld heen wie seaansoek daarvoor goedgekeur is. Skenk 'n donasie en staan 'n kans om een vanhaar beeldhouwerke ter waarde van R10 000 te wen. Kliek op die skakelhttp://www.backabuddy.co.za/champion/project/sarah-walmsley-5620674461139318858en volg die instruksies.

Stuur 'n WhatsApp aan 062 179 2021 vir meer inligting.

FI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:

On the Mines: David Goldblatt is deel van die Norval-stigtingse private kunsversameling en kan by die galery tot 8 Augustus besigtig word.Karel Nel, die kurator van die uitstalling, besoek Gqeberha spesiaal om 'nbegeleide uitstappie op Saterdag 1 Julie van 11:00 tot 12:00 aan te bied. Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aanmanager@gfiartgallery.com vir meer inligting. Skakel 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aaninfo@gfiartgallery.com vir meer inligting. Die galery kan in die week van 10:00 tot 16:00 en op 'nSaterdag van 10:00 tot 13:00 besoek word.

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda:

Frans Boekkooi, Joanne Reen, Thea van Staden, Dirkje Daling,Idil Sheard, Stephanus du Toit en Willem du Plessis se kunswerke kan by diegalery besigtig word.

Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za virinligting. Die galery kan van Maandag tot Saterdag van 09:00-15:00besoek word.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1,Sentraal, Gqeberha:

The Art Museum is a Meeting Place is 'n uitstalling waarmeehulde gebring word aan die museum wat mense bymekaarbring om idees te deel enkuns te promoveer. Die uitstalling duur tot 30 Junie. Bel 041 506 2000, stuur 'n e-pos aanartmuseum@mandela­metro.gov.za of besoek artmuseum. co.za. Die museum kan in die week van 09:00 tot 16:30 besoek word,maar is op Dinsdae gesluit. Toegang tot die mu­seum is gratis.

Teater:

Isithatha-teater, 9e Laan 12, Walmer, Gqeberha:

My Fellow South Africans, 'n komedie-revue geskryf deur Mikevan Graan en opgevoer deur Kim Adonis, word op 23 en 24 Junie in Gqeberhaaangebied. Die kaartjies kan aanlyn deur Computicket gekoop word. Bel Chantalby 069 196 4098 vir meer inligting.

Musiek:

Fairview Sports Centre, Fairview, Gqeberha:

Bobby van Jaarsveld tree op 11 Augustus om 19:30 in Gqeberhaop. Die kaartjies kos R180 per persoon en kan aanlyn deur Westway Tickets bywww.westway.co.za gekoop word. Bel Hellen by 082 487 3118 of Anton by 083 760 0609 vir meerinligting.

Stuur 'n e-pos aan willemien. green@dieburger.co.za oor enigekunsgebeure.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM