Kuns

Kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ann Bryant-kunsgalery, Marks­weg 9 in Southernwood, Oos-Londen:

  • Plastic Punk Art deur Christo Hunt kan tot 2 September besigtig word.
  • Kunstenaars word genooi om werk in te handig vir die Oos-Londen Skone Kunste-vereniging se Peep Show-uitstalling. Werke vir die uitstalling moet op 28 Augustus ingehandig word. Die uitstalling open Vrydag 8 September 2023.
  • Bel Leon du Preez, die kurator van die galery, by 043 722 4044 of 083 501 3392 of stuur e-pos na dupreezleon-234@gmail.com oor die uitstalling.

Artec-gemeenskapsentrum, Birdstraat, Sentraal, Gqeberha:

  • Central, 'n groepuitstalling, kan by die sentrum besigtig word.
  • Bel Louise Luders by 073 761 9418 vir meer inligting.

Art with Heart­, Baakensvallei, Gqeberha:

  • Kinders van een tot vyf jaar oud kan teen R250 per maand vier kunsklasse bywoon. Dit word op 'n Woensdag van 10:30 tot 11:40 en op 'n Saterdag van 11:00 tot 12:00 aangebied.
  • Stuur 'n WhatsApp aan Sarah by 062 179 2021 en Caileigh by 076 641 6408 vir meer inligting.
Milestone, 'n akrielskildery deur Llise Dodd wat by die GFI-kunsgalery besigtig kan word.
Milestone, 'n akrielskildery deur Llise Dodd wat by die GFI-kunsgalery besigtig kan word.

GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:

  • Landmark, 'n solo-uitstalling deur Llise Dodd, kan tot 19 September besigtig word.
  • Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos na manager@gfiartgallery.com vir meer inligting.
  • Die galery kan in die week van 10:00 tot 16:00 en op 'n Saterdag van 10:00 tot 13:00 besoek word.

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda:

  • Frans Boekkooi, Joanne Reen, Thea van Staden, Dirkje Daling, Idil Sheard, Stephanus du Toit en Willem du Plessis se kunswerke kan by die galery besigtig word.
  • Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za vir inligting.
  • Die galery kan Maandae tot Saterdae van 09:00 tot 15:00 besoek word.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsgalery, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:

  • Twee uitstallings, Master Beadwork en The Art and Legacy of George Pemba, duur tot 15 September.
  • Slypskole vir kinders van sewe tot 15 jaar word in Augustus aangebied.
  • 'n Teken-en-verfwerk-slypskool word 26 Augustus van 10:00 tot 12:00 aangebied.
  • Al die materiaal daarvoor sal verskaf word. Bespreek daarvoor deur 'n WhatsApp te stuur na 079 490 0690.

Teater:

The Little Theatre, The Athe­naeum, Sentraal, Gqeberha:

  • A Midsummers Night Dream word van 5 tot 16 September aangebied. Die kaartjies kos R120 per persoon. Kaartjies kan aanlyn deur Webticket bespreek word. Besoek https://www.pemads.co.za/ vir meer inligting.

Musiek:

Alliance Francaise, Mackaystraat 17, Richmond Hill, Gqeberha:

  • Die jaarlikse Alliance Francaise Straatmusiekfees word op 2 September van 10:00 aangebied. Skakel 063 499 4417 of stuur e-pos nacontact@afportelizabeth.com.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM