Ann Bryant-kunsgalery, Marksweg 9 in Southernwood, Oos-Londen:
- Die Peep Show-uitstalling kan tot môre, 23 September, besigtig word.
- Die kunstenaar Aubrey Klinkradt verkoop sy kunsliteratuur. Bel hom by 043 735 1696 of 083 453 8085.
- Bel Leon du Preez, die kurator van die galery, by 043 722 4044 of 083 501 3392 of stuur e-pos na dupreezleon-234@gmail.com oor die uitstalling.
Art on Target, Targetkloof 2, Millpark, Gqeberha:
- Nebas, 'n groepuitstalling, kan tot môre, 23 September, van 09:00 tot 13:00 besigtig word. Bel B.A. Moolman by 041 373 3334 of stuur e-pos aan info@artontarget.co.za vir meer inligting.
GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
- The Sedated Consciousness, 'n solo-uitstalling deur Raymond Westraadt, kan van 29 September besigtig word.
- Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos na manager@gfiartgallery.com vir meer inligting.
- Die galery kan in die week van 10:00 tot 16:00 en op Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.
Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Birdstraat 20, Sentraal, Gqeberha:
- Unearthed, 'n keramiekuitstalling, duur tot 13 Oktober.
- Stuur e-pos aan gallery@mandela.ac.za of visualarts.mandela.ac.za vir inligting.
Teater:
Little Theatre, Sentraal, Gqeberha:
- Die buite-egtelike oupa, 'n komedie geskryf deur Nico Luwes, word van 9 tot 13 Oktober om 19:30 en op 14 Oktober om 15:00 en 19:30 deur die ATKV-tak PEAAT by die Little Theatre in Sentraal, Gqeberha, opgevoer.
- Die kaartjies kos R120 per persoon en kan aanlyn by www.quicket.co.za gekoop word.
- Skakel 082 632 4858 vir meer inligting.
Savoy-teater, Diazweg en Stirkstraat, Parsons Hill Little Theatre, Sentraal, Gqeberha:
- Hairspray word tot 7 Oktober in Gqeberha opgevoer.
- Die kaartjies kos R160 per persoon en kan aanlyn deur Webtickets of by Pick n Pay gekoop word.
- Bel Chantal by 069 196 4098 vir meer inligting.
- Stuur e-pos aan willemien.green@dieburger.co.za oor enige kunsgebeure.














