KUNS
Ann Bryant-kunsgalery, St. Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen:
Die Oos-Londense Vereniging vir die Skone Kunste se jaarlikse groepuitstalling Anything but Painting open op Vrydag 24 Mei om 18:00 vir 18:30. Enigiets van hout-, krale- of leerwerk tot beeldhou en naaldwerk word uitgestal.
Plaaslike kunstenaars word genooi om aan 'n uitstalling, My Beautiful Natural World, deel te neem gedurende die Umtiza-kunstefees, wat van 24 Mei tot 10 Junie aangebied word. Omgewingsbewaring is die tema van die uitstalling. Besoek forms.wix.com vir nog inligting.
Verskeie kunswerksessies word in Mei as deel van die Umtiza-kunstefees aangebied. Bel Bernadette Taylor by 076 670 2462 of die Ann Bryant-kunsgalery by 083 501 3392 om plek te bespreek.

Art on Target-kunsskool, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha:
Die Curator's Choice-uitstalling kan nog tot 22 Mei besigtig word. Die uitstalling is 'n uitvloeisel van die uitstalling getiteld Same Size,Same Price, No Signature.Die galery is weekliks op Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00 oop en op Saterdae van 09:00 tot 13:00. Bel BA Moolman by 083 728 5295 vir meer inligting.
Artec, Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Park-laan 1, Sentraal, Gqeberha:
Oos-Kaapse kunstenaars word genooi om aan die uitstalling Landscapes, Landmarks: Make Your Mark deel te neem. Inskrywings kan nog tot 31 Mei van 09:00 tot 13:30 by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum ingelewer word. Die uitstalling sal van Junie tot Augustus in die kunsmuseum aangebied word. Stuur 'n WhatsApp aan Louise Luders by 073 761 9418 vir nog inligting.
CVD Framers and Art Gallery, Jarvisweg 12, Berea, Oos-Londen:
Art by Women, For Women & About Women kan by die galery besigtig word. Die galery kan van Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 17:00 en op 'n Saterdag van 09:30 tot 13:00 besoek word. Skakel 043 726 1449 of stuur 'n e-pos aan cvdframers@gmail.com vir nog inligting.
GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
This Is Me, 'n solo-uitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar Anthony Keogh, kan nog tot 5 Junie in die GFI-kunsgalery in die Baai besigtig word. 'n Rondleiding van die uitstalling word op Saterdag 1 Junie van 11:00 tot 12:00 deur Keogh by die galery aangebied. Hy sal ook belangstellendes met kitaarspel vermaak. Die galery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en op Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word. Skakel die galery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aan manager@gfiartgallery. com vir nog inligting.
Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:
Die uitstallings In the Eye of the Beholder en Master Beadwork kan besigtig word. Opvoedkundige toere van die uitstallings word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 gedurende die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die Kunsmuseum te bel by041 506 2000, 079 490 0690 of 071 640 3442. Vir nog inligting, stuur 'n e-pos aan artmuseum@ mandelametro.gov.za
Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Sentraal, Gqeberha:
'n Solo-uitstalling deur Malebogo Molokoane, wenner van die Absa L' Atelier 2022 Gerard Sekoto-prys, kan tot 31 Mei besigtig word. Skakel 041 504 1111 of stuur 'n e-pos aan info@mandela.ac.za vir inligting.
Teater:
Alexanderweg, Newtonpark, Gqeberha:
Fantasia, 'n fantastiese kabaretopvoering, word van 24 tot 27 Julie elke aand om 19:00 in die Percy Walker-saal van die Hoërskool Alexander Road aangebied. Eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word. Die kaartjies kos R110 per persoon en kan aanlyn deur Quicket gekoop word.
* Stuur kunsnuus per e-pos aan Willemien.Green@dieburger.com.




















