Kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

KUNS:

Art on Target, Targetkloof 2, Essex­vale, Gqeberha:

Come Dine With Us word môre om 18:00 deur Keramiek Suid-Afrika Oos-Kaap aangebied. Die geleentheid kos R250 per persoon en sluit 'n keramiekbakkie, sop, tuisgebakte brood en musiekvermaak in. Kaartjies daarvoor kan deur Quicket gekoop word.

Die opening van die keramiekuitstalling vind op Maandag 1 Julie om 17:30 plaas en kan gratis bygewoon word.

Dit is ook byna tyd vir die uitstalling 2024 Same Size, Same Price, No Signature. Enige kunstenaar wat ouer as 18 jaar is en in Suid-Afrika woon, kan daaraan deelneem. Drie werke kan voorgelê word. Inskryfvorms is by die Art on Target-kunsgalery beskikbaar.

'n Foto-afdruk deur Luke Rudman wat by Artec se jaarlikse kunsuitstalling by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum besigtig kan word.
'n Foto-afdruk deur Luke Rudman wat by Artec se jaarlikse kunsuitstalling by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum besigtig kan word. (Picasa)

Artec, Nelson Mandela Metro­po­litaanse Kunsmuseum, Park­­laan 1, Sentraal, Gqeberha:

Die uitstalling Land­scapes, Landmarks: Make Your Mark duur tot Saterdag 17 Augustus in die kunsmuseum. Stuur 'n WhatsApp-boodskap na 073 761 9418 om bywoning te bevestig en vir nog inligting.

GFI-kunsgalery, Parklaan, Sen­traal­, Gqeberha:

A Semigrant Mirror, 'n alleenuitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar Jeff Rankin, kan in die galery besigtig word.

Bel die ­galery by 041 586 3973 of stuur 'n e-posboodskap aan manager@gfiartgallery.com vir nog inligting.

Nelson Mandela Metro­po­li­taanse Kunsmuseum, Park­­laan 1, Sentraal, Gqeberha:

Werkwinkels vir kinders van ses tot 12 jaar word gedurende die vakansie aangebied.

Maandag 1 Julie - leer weef.

Woendag 3 Julie - werk met gemengde media.

Donderdag 27 Julie - maak drukkuns.

Dit kos R30 per kind per werkwinkel van 09:30 tot 12:30.

Stuur 'n WhatsApp aan 079 4900 690 om plek daarvoor te bespreek.

Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Birdstraat 20, Sentraal, Gqeberha:

Land/lines, 'n groepuitstalling, vorm deel van die saamgestelde program van die Nasionale Kunstefees. Die uitstalling kan tot Sondag 30 Junie van 09:00 tot 17:00 elke dag in die Birdstraat-kunsgalery in Gqeberha en in die Atherstone-galery in Makhanda besigtig word.

Rondleidings word deur die kurators, Jonathan van der Walt (Gqeberha) en Uthando Baduza­ (Ma­khanda), môre om 10:00 in Gqe­berha­ en om 14:00 in Makhanda aangebied.

Besoek die webwerwe by https://tickets.nationalartsfestival.co.za/en/events/342/landlines# of visualarts. mandela.ac.za. Stuur 'n e-posboodskap aan gallery@mandela.ac.za of skakel 041 504 3293 vir nog inligting.

Volg die gebeure ook op Facebook op die blad Bird Street Gallery, Nelson Mandela University, en op Instagram by @birdstreetgallerynmu.

Newton Hall, Goedehoopstraat 17, Jeffreysbaai:

A Happening is 'n groepuitstalling waaraan verskeie talentvolle plaas­like kunstenaars deelneem. Die uitstalling kan vandag van 11:00 tot 16:00 en môre van 11:00 tot 15:00 besigtig word.

Skakel 082 698 9612 of stuur 'n e-posboodskap aan a.happening.kouga@gmail.com vir nog inligting.

TEATER:

Isithatha-teater, 9de Laan 12, Walmer, Gqeberha:

Île, 'n komedie deur Sophie Joans waarvan Rob van Vuuren die regisseur is, word op Maandag 1 Julie om 18:30 aangebied. Die kaartjies kos R100 tot R120 per persoon en kan op Quicket gekoop word.

Bel Chantal by 069 196 4098 vir inligting.

Stuur kunsnuus per e-pos aan Willemien.Green@dieburger.com.

SPELETJIES VANDAG

CTA