Kuns

Kunsdagboek: Oos-Kaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ann Bryant-kunsgalery, St. Markweg 9, Belgravia, Oos-Londen:

Kunstenaars word uitgenooi om aan verskeie kunsuitstallings by die galery deel te neem.

Die Oos-Londen Skone Kunste-vereniging se uitstalling Anything but Painting sal in die "Coach Hou se" in die galery aangebied word. Die uitstalling open 26 Mei en duur tot 10 Junie.

Kunstenaars ook werk instuur vir die uitstalling, Past, Present and Future. Die uitstalling open 24 Mei en duur tot 4 Junie.

Skakel 043 722 4044 of stuur epos aan dupreezleon234@pb08.wixemails.com of besoek www.annbryant.co.za vir meer inligting.

Artec-kunsgalery, Birdstraat 36, Sentraal, Gqeberha:

Nantsika's Garden, 'n geleentheid van sang, kuns en die voorlees van gedigte word op 7 Mei van 13:00 tot 18:00 aangebied. Toegang kos R70 per persoon en eie verversings kan saamgeneem word. Stuur epos aan artecgallery@gmail.com vir meer inligting.

GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:

UMBHIYOZO - CELEBRATING PEMBA. The Art & Legacy of George Milwa Mnyaluza Pemba. Met die uitstalling word hulde gebring aan die kunstenaar. Daar word 26 werke uitgestal wat aan die Nelson Mandela Kunsmuseum en aan private kunsversamelaars behoort.

Die uitstalling duur tot 3 Junie. Skakel 041 586 3973 of stuur epos aan info@gfiartgallery.com vir meer inligting.

Die galery kan in die week van 10:00 tot 16:00 en op 'n Saterdag van 10:00 tot 13:00 besoek word.

'n Skildery deur Stephanus du Toit wat by die Infinity-galery in Nieu-Bethesda besigtig kan word.
'n Skildery deur Stephanus du Toit wat by die Infinity-galery in Nieu-Bethesda besigtig kan word.

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda:

'n Allegaartjie van kunswerke in verskillende kunsstyle deur kunstenaars soos Frans Boekkooi, Joanne Reen, Thea van Staden, Dirkje Daling, Idil Sheard, Stephanus du Toit en Willem du Plessis kan by die galery besigtig word.

Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za vir inligting.

Die galery kan van Maandag tot Saterdag van 09:00-15:00 besoek word.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:

The Art Museum is a Meeting Place is 'n uitstalling waarmee hulde gebring word aan die museum wat mense bymekaarbring om idees te deel en kuns te promoveer. Die uitstalling duur tot 30 Junie 2023.

Bel 041 506 2000, stuur e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.za of besoek artmuseum. co.za.

Die museum kan in die week van 09:00-16:30 besoek word (dis gesluit op Dinsdae). Toegang tot die mu­seum is gratis.

Nelson Mandela Universiteit, Birdstraat-galery, Birdstraat 20, Sentraal, Gqeberha:

Amagoduka, 'n solo-uitstalling deur Abongile Sidzumo open 5 Mei om 17:30 en duur tot Mei. Besoek die galery in die week van 10:00 tot 15:00. Skakel 041 504 3293 of stuur epos aan gallery@mandela.ac.za vir meer inligting.

Teater:

• Impetus Teater, Circularrylaan 29, Overbaakens, Gqeberha: Ek Wens... Ek Wens... opgevoer deur Frank Opperman word op 26 en 27 Mei deur die N.G. Kerk Patmos aangebied. Verversings sal voor en na die vertoning te koop wees. Die kaartjies kos R160 per persoon en sluit port en nagereg na die vertoning in. Bespreek deur Webtickets of bel Elizna by 083 258 9860 vir meer inligting.

• The Italian Club, Haroldweg 17 & 19, Broadwood, Gqeberha: Die Koeksisters bied "Viva Italia!" op 3 Junie om 19:00 aan. Die kaartjies kos R170 en kan deur Westway Tickets gekoop word. R20 van elke kaartjie wat verkoop word sal aan die "9 Lives Cat Foundation" geskenk word. Skakel 082 487 3118 of besoek www.westway.co.za vir meer inligting.

Stuur epos aan willemien.green@dieburger.co.za vir enige kunsgebeure.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM