Kuns

Kunsdagboek: Oos-Kaap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
The Missing Piece deur Nicci Swartz in samewerking met die Baton of Hope Skole wat in die GFI-kunsgalery in Gqeberha besigtig kan word.
The Missing Piece deur Nicci Swartz in samewerking met die Baton of Hope Skole wat in die GFI-kunsgalery in Gqeberha besigtig kan word.

KUNS:

Ann Bryant-kunsgalery, St. Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen:

Peep Show, 'n groepuitstalling deur verskeie Oos-Kaapse kunstenaars.

Master of Visual Art, 'n groepuitstalling deur meestersgraad-kandidate van Unisa se departement van kuns en Musiek, open op 12 Oktober om 11:00 en duur tot 25 Oktober. Die studente wie se werk besigtig kan word, is Pumlani Mbanya, Zimasa Fana, Nangamso Tshangana en Phumezo Mpayipheli

Skakel 043 722 4044 of 083 501 3392 vir inligtin

GFI-kunsgalery, Parklaan, Sen­traal­, Gqeberha:

Textile Art PE & Keiskamma Art Project, 'n groepuitstalling van tekstielkuns, duur tot 16 Oktober.

Die veiling, ten bate van die uitstalling One Land Love It, is steeds oop vir die publiek. Skakel Nikki by 083 642 2375 of besoek www.oneland.co.za vir inligting.

Die kunsgalery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.

Skakel 041 586 3973.

Nelson Mandela Metro­po­litaan­se Kunsmuseum, Park­­laan 1, Sentraal, Gqeberha:

Printing Perspectives is 'n uitstalling van drukwerke uit die museum se private kunsversameling en kan tot 13 November besigtig word.

Behind the Scenes is 'n insiggewende uitstalling oor wat agter die skerms by die museum gebeur. Daar is verskeie interessante dokumente wat gelees kan word uit die mu­seum se bewaringsargief, sowel as 'n verskeidenheid skilderye uit die museum se eie versameling. Dié uitstalling kan tot 25 Januarie besigtig word.

Die uitstalling Who's Who & What's New open op 30 November en kunstenaars van 18 jaar en ouer kan reeds werk daarvoor inskryf. Die sluitingsdatum is 14 November.

Besoek die museum op weekdae tussen 09:00 en 16:00 en op Saterdae tussen 09:00 en 12:45. Skakel 041 506 2000 of 079 490 0690 vir nog inligting. Besoek die webblad by www.artmuseum.co.za.

TEATER:

Centrestage@Baywest, Gqeberha:

By dié nuwe kabaretstyl-teater word verskeie opwindende produksies die volgende paar weke aangebied.

Absolutely Abba, vanaand om 19:30. Die kaartjies kos R250 per persoon.

Kids Rock word môre om 13:30 aangebied. Die kaartjies kos R70 per persoon.

Die kaartjies kan aanlyn deur Quicket gekoop word of bel Wendy by 082 661 6921 vir groepbesprekings.

Elke kaartjie sluit 'n R50-koskoepon in wat tot einde November by Biloxi Spur, John Dory's, Panarottis en RocoMamas in die Baywest-winkelsentrum gebruik kan word.

Savoy-teater, h.v. Collettstraat en Diazweg, Perridgevale, Gqeberha:

Grease , 'n produksie van die gewilde musiekspel, word tot môre om 19:30 met 'n middagvertoning om 14:00 aangebied. Die kaartjies kos van R120 tot R180 per persoon en kan aanlyn deur Webtickets gekoop word. Bel Rose by 072 906 1977 of stuur e-pos na info@impacttheatre.co.za met navrae.

• Stuur kunsnuus per e-pos na Willemien.Green@dieburger.com..

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM