Kuns

Oos-Kaapse kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

KUNS:

Ann Bryant-kunsgalery, Marksweg 9 in Southernwood, Oos-Londen:

Kunstenaars word uitgenooi om werk in te handig vir die Oos-Londen Skone Kunste-vereniging se Peep Show-uitstalling. Werke vir die uitstalling moet op 28 Augustus ingehandig word. Die uitstalling open Vrydag 8 September 2023.

Bel Leon du Preez, die kurator van die galery, by 043 722 4044 of 083 501 3392 of stuur 'n e-pos aan dupreezleon-234@gmail.com oor die uitstalling.

Art with Heart­, Baakensvallei, Gqeberha:

Ondersteun die plaaslike kunstenaar Sarah Walmsley deur Back-a-Buddy sodat sy die gesogte kunstenaarsverblyf by die Chateau d'Orquevaux in Frankryk kan bywoon. Skenk 'n donasie en staan 'n kans om een van haar beeldhouwerke ter waarde van R10 000 te wen. Klik op die skakel http://www.backabuddy.co.za/champion/project/sarah-walmsley-5620674461139318858 en volg die instruksies.

Stuur 'n WhatsApp aan 062 179 2021 vir meer inligting.

GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:

On the Mines: David Goldblatt is deel van die Norval-stigting se private kunsversameling en kan tot 8 Augustus by die galery besigtig word. Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aan manager@gfiartgallery.com vir meer inligting.

Die galery kan in die week van 10:00 tot 16:00 en op Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.https://youtu.be/BxXS42DjJ24https:/www.instagram.com/p/COBghdnjFcD/https:/youtu.be/OiffoxjFB-Yhttps:/youtu.be/VmZT1YzPExshttps:/youtu.be/JwrWYGeuUGMhttps://youtu.be/BxXS42DjJ24https:/www.instagram.com/p/COBghdnjFcD/https:/youtu.be/OiffoxjFB-Yhttps:/youtu.be/VmZT1YzPExshttps:/youtu.be/JwrWYGeuUGM

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda:

Frans Boekkooi, Joanne Reen, Thea van Staden, Dirkje Daling, Idil Sheard, Stephanus du Toit en Willem du Plessis se kunswerke kan by die galery besigtig word.

Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za vir inligting.

Die galery kan van Maandag tot Saterdag van 09:00-15:00 besoek word.

Simisa ixhanti deur Banele Njadayi wat by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum besigtig kan word. Foto: Willemien Green
Simisa ixhanti deur Banele Njadayi wat by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum besigtig kan word. Foto: Willemien Green (SYSTEM)

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsgalery, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:

Twee uitstallings, Master Beadwork en The Art and Legacy of George Pemba, kan tot 15 September besigtig word.

Slypskole vir kinders van sewe tot 15 jaar word gedurende Augustus aangebied.

Die drukwerk-werkskool word op 12 Augustus en die teken- en verfwerkskool op 26 Augustus word albei dae van 10:00 tot 12:00 aangebied.

Al die materiaal daarvoor sal verskaf word.

Bespreek daarvoor deur 'n WhatsApp te stuur aan 079 490 0690.

TEATER:

Old Grey, Sports Club, Lenoxstraat 2, Glendinningvale, Gqeberha:

Christmas in July word op 29 Julie om 19:00 deur Tarryn Light Produc­tions aangebied. Kaartjies kan aanlyn deur Web Tickets bespreek word.

Bel Tarryn Light by 076 322 9850 vir meer inligting.

MUSIEK:

Fairview Sports Centre, Gqeberha:

Bobby van Jaarsveld tree op 11 Augustus om 19:30 in Gqeberha op. Die kaartjies kos R180 per persoon en kan aanlyn deur Westway Tickets by www.westway.co.za gekoop word.

Bel Hellen by 082 487 3118 of Anton by 083 760 0609 vir meer inligting.

Stuur e-pos aan willemien. green@dieburger.co.za oor enige kunsgebeure.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM