Ann Bryant-kunsgalery, Marksweg 9 in Southernwood, Oos-Londen:
- Kunsliefhebbers in Oos-Londen en omgewing word uitgenooi om deel te naam aan die jaarlikse kunsuitstalling. Inskrywingsvorms is by die galery en aanlyn beskikbaar en moet voor Maandag 20 November ingehandig word. Elke kunstenaar kan 'n maksimum van ses inskrywing inskryf. Die uitstalling open Donderdag 30 November om 18:30 en duur tot 16 Desember.
- 'n Groepuitstalling open Donderdag 19 Oktober om 18:00 in die Koetshuis (Coach House) by die galery.
- Die kunstenaar Aubrey Klinkradt verkoop sy kunsliteratuur. Bel hom by 043 735 1696 of 083 453 8085.
- Bel Leon du Preez, die kurator van die galery, by 043 722 4044 of 083 501 3392 of stuur e-pos aandupreezleon-234@gmail.com vir inligting.
CVD Framers and Art Gallery, Jarvisweg 23, Berea, Oos-Londen:
- Kunstenaars word uitgenooi om deel te neem aan die groepuitstalling A3. Die uitstalling open 1 November. Bel Marius by 043 726 1449 vir meer inligting.
Art on Target, Targetkloof 2, Millpark, Gqeberha:
- Tori Stowe, Lookout Sibanda en Dorothy du Plessis is die kunstenaars wat tydens die Art Meander 2023 van 20 tot 22 Oktober by dié kunsskool hul werk gaan uitstal. Bel B.A. Moolman by 041 373 3334 of stuur e-pos aan info@artontarget.co.za vir meer inligting.
Hartspace Art Studio, Lavender Blue, Beaconbaai, Oos-Londen:
- 'n Kreatiewe kunsslypskool word deur die Hartspace-ateljee en Bay View Farm van 3 tot 5 November aangebied. Dit kos tussen R3 000 en R5 190 per persoon afhangende van die pakket en sluit verblyf in. Bel Kerry-Lyn Honey by 082 934 7723 of stuur e-pos aan kerry-lyn@hartspace.co.za
GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
- The Sedated Consciousness, 'n solo-uitstalling deur Raymond Westraadt, kan tot 24 Oktober besigtig word. Westraadt sal môre van 11:00 tot 12:00 'n begeleide besigtiging van die uitstalling aanbied. Almal is welkom en bywoning is gratis.
- Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos aanmanager@gfiartgallery.com vir meer inligting.
- Die galery kan in die week van 10:00 tot 16:00 en op Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.
Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Birdstraat 20, Sentraal, Gqeberha:
- Unearthed, 'n keramiekuitstalling, duur tot Vrydag 13 Oktober.
- Stuur e-pos aan gallery@mandela.ac.za of visualarts.mandela.ac.za vir meer inligting.
Teater:
Little Theatre, Sentraal, Gqeberha:
- Die buite-egtelike oupa, 'n komedie geskryf deur Nico Luwes, word van 9 tot 13 Oktober om 19:30 en op 14 Oktober om 15:00 en 19:30 deur die ATKV-tak PEAAT by die Little Theatre in Sentraal, Gqeberha, opgevoer.
- Die kaartjies kos R120 per persoon en kan aanlyn by www.quicket.co.za gekoop word.
- Skakel 082 632 4858 vir meer inligting.
Savoy-teater, Diazweg en Stirkstraat, Parsons Hill Little Theatre, Sentraal, Gqeberha:
- Hairspray word tot môre in Gqeberha opgevoer.
- Die kaartjies kos R160 per persoon en kan aanlyn deur Webtickets of by Pick n Pay gekoop word.
- Bel Chantal by 069 196 4098 vir meer inligting.
- Stuur e-pos aan willemien. green@dieburger.co.za oor enige kunsgebeure















