KUNS
- Ann Bryant-kunsgalery, St. Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen:
Deidré Howarth se solo-uitstalling kan nog Vrydag, 9 Februarie, saam met die gaskunstenaar Sylvia Wank se kunswerke besigtig word. Skakel 043 722 4044 of 083 501 3392.
- Art with Heart-kunsateljee, Alabasterweg 2, Baakensvallei, Gqeberha:
Vir vyf weke, van 27 Februarie tot 26 Maart, kan beginners elke Dinsdag van 17:30 tot 19:30 'n beeldhou-kursus bywoon. Dit kos R1 600 per persoon en sluit al die materiaal in. Bel 062 179 2021 vir meer inligting.
- GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
Die kunstenaar Diane Victor se solo-uitstalling met kunswerke uit die Spier-kunsversameling kan besigtig word. Wees bedag dat sommige van die werke sensitiewe persone en jong kinders moontlik kan ontstel.Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos aanmanager@gfiartgallery.com vir meer inligting. Die galery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.
- Infinity-kunsgalery in Martinstraat, Nieu-Bethesda:

Die somer-uitstalling met werke deur die beeldhouers Frans Boekkooi en Daleen Kruger, die skilders Raymond Westraadt, Joanne Reen, Dirkje Daling, Thea van Staden, Evelien Burger en Sonia Strumpfer, die digitale kunstenaar Aubrie Jesersky, die sketskunstenaar Lindy Faiers, die drukwerk-kunstenaar Alpha Greeff en die kunstenaar en meubelontwerper Willem du Plessis kan besigtig word.Bel Heidi Kühne-Boekkooi by 082 865 2699 of stuur e-pos aan haar by infinitynieubethesda@yahoo.com vir meer inligting.
- Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:
Opvoedkundige toere van uitstallings word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 gedurende die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die Kunsmuseum te bel by041 506 2000, 079 490 0690 of 071 640 3442.Vir nog inligting, stuur e-pos aanartmuseum@mandelametro.gov.za.
VERMAAK
- Duitse Klub, Lorrainestraat 5, Lorraine, Gqeberha:
Artificial UN-Intelligence word op 15 Maart om 19:30 deur Gino Fabbri en verskeie van sy geliefde fiktiewe karakters opgevoer.
Die kaartjies daarvoor kos R180 per persoon en dit kan aanlyn op die webtuiste Quicket gekoop word. Bel Wendy by 082 661 6921 vir meer inligting.
- Stuur kunsnuus aan Willemien.Green@dieburger.com.














