Oos-Kaapse kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Blind Rise iseen van Diane Victor se skilderye wat by die GFI-kunsgalery in Gqeberha besigtig kan word.
Blind Rise iseen van Diane Victor se skilderye wat by die GFI-kunsgalery in Gqeberha besigtig kan word.

KUNS

Ann Bryant-kunsgalery, St. Marks­weg 9, Belgravia, Oos-Londen: Spindrift Studio Ceramics, 'n keramiek-uitstalling deur Mandy Qomoyi en Roland Motsamai open op 8 Maart om 18:00 in die galery se "Coach House" en duur tot 30 Maart.

Karien Myburgh se solo-uitstalling van mosaïekkuns open 14 Maart om 18:00 in die hoofgalery en duur tot 30 Maart.Skakel 043 722 4044 of 083 501 3392.

Art with Heart-kunsateljee, Alabasterweg 2, Baakensvallei, Gqeberha:

Van 27 Februarie tot 26 Maart kan beginners elke Dinsdag van 17:30 tot 19:30 'n beeldhou-kursus bywoon. Dit kos R1 600 per persoon en sluit al die materiaal in. Skakel 062 179 2021 vir meer inligting.

GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:Die kunstenaar Diane Victor se solo-uitstalling met kunswerke uit die Spier-kunsversameling kan tot 17 April besigtig word. Wees bedag dat sommige van die werke sensitiewe persone en jong kinders moontlik kan ontstel. Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos aan manager@gfiart-gallery.com vir meer inligting. Die galery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.

CVD Framers en Kunsgalery, Jarvisweg 12, Berea, Oos-Londen: Emerging Artists,'n groepuitstalling waaraan opkomende kunstenaars deelneem, duur tot 30 Maart. Skakel 043 726 1449 of 074 298 1582 of stuur e-pos aan cvdframers@gmail.com of besoek https://cvdframers.co.za vir meer inligting.

Infinity-kunsgalery in Martinstraat, Nieu-Bethesda:

'n Besonderse groepuitstalling wat spesiaal vir die somer saamgestel is, kan steeds besigtig word. Bel Heidi Kühne-Boekkooi by 082 865 2699 of stuur e-pos aan haar by infinitynieu­bethesda@yahoo.com vir meer inligting.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Park­laan 1, Sentraal, Gqeberha: Drie uitstallings Friends Highlights, In the Eye of the Beholder en Master Beadwork, kan besigtig word.

Kinders van sewe tot 15 kan van die geleentheid gebruik maak om gratis kunsklasse môre, 9 Maart en 23 Maart van 10:00 tot 12:00 by te woon.

Opvoedkundige toere van uitstallings word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 in die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die mu­seum te skakel by041 506 2000, 079 490 0690 of 071 640 3442. Vir nog inligting, stuur e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.­za.

VERMAAK

Die Nelson Mandela-Universiteit se Suidkampus Ouditorium, Somerstrand, Gqeberha: Harmony of Sight is 'n geldinsamelingskonsert wat deur die Heydeburg Filharmoniese Orkes in samewerking met die universiteit se departement van musiek en uitvoerende kunste op Saterdag 2 Maart om 19:00 ten bate van Bay Cataracts Services NPC aangebied word. Die kaartjies kos R150 per persoon, R100 vir diegene wat persone jonger as 18 jaar vergesel, en R50 vir persone 18 jaar en jonger. Bel Anelia by 065 839 8671 vir meer inligting.

Duitse Klub, Lorrainestraat 5, Lorraine, Gqeberha: Artificial UN-Intelligence word op 15 Maart om 19:30 deur Gino Fabbri en verskeie van sy geliefde fiktiewe karakters opgevoer.

Die kaartjies kos R180 per persoon en dit kan aanlyn op die webtuiste Quicket gekoop word. Bel Wendy by 082 661 6921 vir meer inligting.

Stuur kunsnuus aan willemien.green@dieburger.com

SPELETJIES VANDAG

CTA