Oos-Kaapse kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Resisting the Beast, ’n sklidery deur Anthony Keogh, kan van 25 April by die GFI-kunsgalery besigtig word.
Resisting the Beast, ’n sklidery deur Anthony Keogh, kan van 25 April by die GFI-kunsgalery besigtig word.

KUNS

Ann Bryant-kunsgalery, St. Marks­weg 9, Belgravia, Oos-Londen: Kunstenaars kan steeds werk vir die Visual Arts Network of South Africa (Vansa) se David Koloane-prys 2024 inskryf. Die sluitingsdatum hiervoor is 23 April 2024. Klik hier vir meer inligting.

Resisting the Beast, 'n sklidery deur Anthony Keogh, kan van 25 April by die GFI-kunsgalery besigtig word.
Resisting the Beast, 'n sklidery deur Anthony Keogh, kan van 25 April by die GFI-kunsgalery besigtig word.

GFI-galery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha: This is Me, 'n solo-uitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar An­thony Keogh, open op 25 April om 17:30 vir 18:00.Op Saterdag 27 April van 11:00 tot 12:00 sal dié kunstenaar 'n begeleide uitstappie waar hy sy werke sal bespreek by die galery aanbied.

Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur e-pos aanmanager@gfiartgallery.com vir meer inligting. Die galery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Park­laan 1, Sentraal, Gqeberha: Die uitstallings Friends Highlights, In the Eye of the Beholder en Master Bead­work kan besigtig word. Opvoedkundige toere van uitstallings word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 gedurende die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die Kunsmu­seum te bel by041 506 2000, 079 490 0690 of 071 640 3442.Vir nog inligting, stuur e-pos aanartmuseum@mandelametro.gov.­za.

Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Sentraal, Gqeberha: 'n Solo-uitstalling deur Malebogo Molokoane, wenner van die Absa L' Atelier 2022 Gerard Sekoto-prys, kan tot 31 Mei besigtig word. Môre van 10:00 tot 11:00 bied sy 'n begeleide uitstappie aan waar kunsliefhebbers na haar kan luister wanneer sy haar kunswerke sal bespreek.

VERMAAK

Musiek | Nelson Mandela-Universiteit, Suidkampus Ouditorium, Somerstrand, Gqeberha: Die Nelson Mandela-Universiteit se Koperblaas-kongres word van 25 tot 27 April in die Baai aangebied. Die kongres word afgesluit met 'n musiekkonsert op 27 April om 18:00 in die Ouditorium. Die kaartjies kan aanlyn deur Quicket of by die deur gekoop word en kos R80 vir volwassenes en R50 vir pensioenarisse en studente.

Stuur kunsnuus aan Willemien.Green@dieburger.com.https://vansa.co.za/opportunities/2024-david-koloane-award-bag-factory-artists-studio/

SPELETJIES VANDAG

CTA