Kuns

Simon Ford se Sirkels van Lewe

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Simon Ford se jongste kunswerke handel oor die lewe se sirkels.  Foto: Verskaf
Simon Ford se jongste kunswerke handel oor die lewe se sirkels. Foto: Verskaf

Pragtig gepas in die lieflike Groenpunt-stadspark se gesellige kafee wys die kunstenaar Simon Ford 'n reeks fyn-fyn afdrukke van sy jongste reeks skilderye wat hulde bring aan die klein lewende wesens van daardie milieu: insekte, paddas en koggelmanders.

Hy noem dit Circle of Life: die piepklein diertjies in presiese detail afgebeeld, omring in sirkels wat met geometriese grense elkeen tot waarde verhef. Ons bekyk elkeen se mooiheid, terwyl ons nuwe respek van die belangrikheid van ieder in die natuurlike omgewing kry.

Daar is 12 werke wat pas by die jaargety se maande. Dis dus 'n soort kalender.

Ford sê die reeks is die gevolg van die meditatiewe stilte wat hom van hierdie lewensiklus bewus gemaak het: "Die natuur se skoonheid met hierdie bedreigde insekte in hul natuurlike habitat wou ek in skilderye vasvang. Elkeen is geplaas in die sirkels wat ons as kulturele, wetenskaplike en selfs godsdienstige simbole voorhou."

Die oorspronklike skilderye sal later vanjaar ten bate van die Wêreldnatuurfonds per veiling aangebied word. Die hoëgehalte-afdrukke is in 'n beperkte oplaag en individueel beskikbaar.

• Te sien in die stadspark-kafee, of op sy webwerf: www.simonford.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM