Dit was in die 1990's, toe die Australiese sjef Bill Granger sy avo on toast by sy kafee begin bedien het, dat dié eenvoudige gereg meteens op almal se lippe was. Hy het avokadokwarte, bedruip met lemmetjiesap en olyfolie en gegeur met gekapte koljander, sout en varsgemaalde swartpeper, voorgesit op geroosterde suurdeegbrood.
Tot vandag toe bly avokado op roosterbrood gewild - en elke smulpaap het sy eie manier om dit voor te sit. In Suid-Afrika hoef jy maar net 'n vinnige kyk te gee na die sosialemediablaaie van tuiskokke, sjefs en smaakmakers om te sien dit bly die ster op ontbyttafels - en vir elke ander maaltyd.
Een rede waarom avokado so gewild is, is omdat jy dit net so kan geniet, of met net 'n paar ekstra bestanddele in iets spesiaals kan omskep. Voeg dit by enige maal vir ekstra smaak en voedsaamheid. Dis nie net lekker, maklik om voor te sit en geskik vir byna enige resep nie, dit bied ook gesondheidsvoordele.
Groenskil- en donkerskil-avokado's is ewe heilsaam, ryk aan hartgesonde vette, vitamien K en biotien, natuurlik cholesterolvry en laag in natrium. Avokado's kan ook deel vorm van 'n kilojoulebeheerde eetplan vir gewigsbeheer.
Of jy groenskil- of donkerskil-avokado's verkies, jy kan maar weet albei is heerlik en voedsaam. Onthou net: Groenskil-avokado's bly groen wanneer hulle ryp is terwyl die donkerskil-soort persswart verkleur.
Met avokado's wat byna heeljaar beskikbaar is in Suid-Afrika, is daar geen verskoning om jou nie te verlustig in hierdie heerlike vrug propvol voedingstowwe nie. Voeg avokado by jou gesonde eetplan en geniet die romerige lekkerte!!
Om hierdie heerlike resep vir effens branderige tamatie-steak en avokado-hummus op roosterbrood te probeer, gaan na https://avocado.co.za
Vir nog inligting en avokado-feite, besoek www.avocado.co.za aanlyn of volg hulle op Facebook by @iloveavocadoSA. Vind hulle by @iloveavossa op Instagram.















