1. Hou 'n oog op die tyd
Luiperds rus graag in bome totdat dit koeler raak, gewoonlik rondom skemertyd, voordat hulle begin beweeg. Kry jouself rondom daai tyd in die regte posisie, soos onder die boom waar jy vermoed die luiperd skuil.
2. Stel jou kamera reg
Kies 'n lae F-waarde maar hoë ISO-waarde. Hierdie verstellings laat jou toe om 'n sluiterspoed te kry wat vinnig genoeg sal wees om die luiperd vas te vang.
3. Neem baie foto's, en vinnig
Mense vergeet dikwels in só 'n situasie om die kamera se Continous Shooting aan te sit. Dit laat jou toe om 'n rits foto's kort na mekaar te neem, sonder om jou vinger van die sluiterknoppie af te lig.
- Volg vir Villiers op Facebook.




















