Buitelewe

Bou jou eie aluminiumtrappies

Bou jou eie aluminiumtrappiesAs jy nou en dan iets op jou bakkie se dakrak wil vasmaak, sal jy weet dis vir almal korter as Victor Matfield soms ’n geneuk. Dawie Nortier het vir sy bakkie treeplanke opgesit – wat twee grootmense se gewig kan hanteer.

Dawie is ’n man wat visvang en hy sê sterk treeplanke is ’n hengelaar se beste vriend. As die vis eers byt, wil jy nie sukkel om jou stokke van die dakrak af te kry sodat jy ’n lyn kan sny vir die water nie.Dawie, ’n regsinvorderingsbeampte van Kempton Park, het ook treeplanke vir sy vorige Hilux gemaak, maar toe hy sy huidige Hilux aanskaf, moes hy alles van voor af doen omdat hy nie die mates van sy eerste probeerslag gehou het nie.Dis juis die meet- en paswerk wat die moeilikste deel is van die proses, sê Dawie. Maar as jy eers akkuraat gemeet het, loop alles seepglad.Hy sê die treeplanke is nie net nuttig om sy visstokke met gemak op die dak te kan vasmaak nie, maar dit beskerm die bakkie ook teen opskietklippe. Dis ook minder morsig as dit modderig is en omdat die bakkie redelik hoog in sy tekkies staan, kan korter mense en kinders makliker in- en uitklim.Hy doen graag sulke dinge self en het besluit om treeplanke te bou wat aan sy vereistes voldoen: Dit moes mooi lyk, prakties en sterk wees.Dawie sê die aluminiumtreeplanke wat te koop is, is nie sterk genoeg om die gewig van twee of drie volwassenes te hanteer nie. “As jy by ’n plek aankom waar die vis byt, storm almal soos besetenes na die bakkie om hul visstokke af te haal.”Omdat die aluminium versterk is met staal, duik die treeplanke ook nie maklik in as dit teen iets stamp nie. Watter materiaal het jy gebruik? Ek het 40 mm-hoekyster wat 3 mm dik is, gebruik, staalplaat van 3 mm en geriffelde aluminiumplaat van 3,4 mm dik. Verder het ek vlekvryestaalboute, -moere en -wassers, U-boute, onderlaag en swart verf gebruik.En gereedskap?Ek het ’n elektriese boor en boorpunte, maatband, moersleutels, G-klampe en ’n verfkwas gebruik. My kinders het die treeplanke vasgehou sodat ek kon merk en dit vasklamp.Waar het jy begin? Ek het gemeet hoe lank die hoekysterstawe moet wees. ’n Vriend het dit toe aan die staalplaat vasgesweis. Die geriffelde aluminiumplaat het ek laat buig en sny om bo-op te pas, en dis toe op die staal vasgebout.’n Paar gewillige kinderhande het die trap vasgehou sodat ek kon merk waar die U-boute moet vaskom. Nadat ek die gate geboor het, het ek dit met U-boute aan die bakkie se onderstel vasgeheg.Wat sal jy verander aan jou ontwerp? Ek sal dikker hoekyster gebruik. Vir die treeplanke op my vorige bakkie het ek dikker hoekyster (5mm) gebruik, en dit was beslis stewiger. Maar die nuwe treeplanke is steeds sterk, en dit kan die gewig van twee mense dra.Watter reaksie kry jy?Ek het al baie komplimente van kollegas en 4x4-vriende gekry. Ek het onlangs die Berakah-roete by Parys gaan ry en het geen probleme gehad nie.Stap-vir-stap-foto'sStap 1Alles wat nodig is om jou eie treeplanke te bou: 40 mm-hoekyster (3 mm dik), staalplaat (3 mm dik) en geriffelde aluminiumplaat (3,4 mm dik).Stap 2Nadat ek die staalplaat aan die hoekyster laat vassweis het, het ek die aluminiumplaat vasgebout.Stap 3Die staal is met Hammerite-onderlaag geverf voor die laag swart Hammerite-verf opgesit is om die roes te keer.Stap 4Die treeplanke staan nie verder uit as die wiele nie.Stap 5Die hoekyster is met U-boute aan die onderstel vasgesit.Stap 6Die geriffelde aluminium lyk netjies.Stap 7Die voltooide produk. Alles het Dawie net ’n bietjie meer as R2100 gekos.

Marilize Nel

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM