Buitelewe

Bou jou eie rotsglystawe

Bou jou eie rotsglystaweRotsglystawe is dalk nie die belangrikste ombouing wat jy aan jou ryding kan aanbring nie, maar as jy soos Simon Smit dit nie net self kan doen nie, maar ook heelwat geld spaar, hoekom nie? Om met sy hande te werk is vir hierdie instrumentasietegnikus van Middelburg in Mpumalanga niks vreemds nie. Hy is al van kleins af in sy pa se motorhuis besig met yster en ’n sweismasjien.Toe hy die plan kry om rotsglystawe vir sy 2001 Toyota Hilux Raider 2.7i-dubbelkajuit te bou, het hy dinge maklik aanmekaargeflans. Deur dit self te doen, het hy boonop meer as R3000 gespaar.Hoe werk dit?Rotsglystawe is eintlik net sterk pype wat teen die kant van jou voertuig gesit word. Dit keer dat jou bakkie beskadig word as jy ’n bietjie grondvryhoogte aan die kant kortkom.Simon het syne gemaak sodat dit styf onder die deure teen die bakwerk pas. As glystawe te veel uitstaan, kan ’n mens se broek vuil raak as jy daarteen skuur as jy inklim.Dié glystawe is gemaak van staalpype wat met staalmonterings aan die onderstel vasgesit is om onder die bakwerk te pas.Watter materiaal het jy gebruik en waar het jy dit gekry?Ek het 50 mm-staalpyp met ’n wanddikte van 5 mm gebruik vir die glystawe. Die monterings en versterkingsplaatjies is van staal gemaak, wat 50 mm breed en 8 mm dik is. Verder het ek 100 x 10 mm-boute, moere en wasters gebruik om dit vas te bout.’n Staalskrootwerf is enige selfdoen-entoesias se droom. Ek het alles vir die projek daar gekry. As jy genoeg geduld het, kan jy enigiets uitkrap wat jy nodig het. En as jy dit nie daar kry nie, sal enige staalhandelaar jou kan help.En gereedskap?’n Sweismasjien, hoekslyper, boor en ander handgereedskap soos moersleutels, tange en hamers.Hoe ervare is jy met selfdoenprojekte?My pa het my geleer om met my hande te werk. Ek doen self alles rondom my huis – van braaiers bou tot teëlwerk. Ek het heelwat ervaring om met staal te werk en het al vir my bakkie ’n bosbreker en noodwieldraer self gebou. My pa het my geleer om met my hande te werk. Ek doen self alles rondom my huis – van braaiers bou tot teëlwerk. Ek het heelwat ervaring om met staal te werk en het al vir my bakkie ’n bosbreker en noodwieldraer self gebou.Hoe het jy dinge beplan? Ek was by die staalskrootwerf om materiaal vir iets anders te kry, en het toevallig die pyp raakgesien wat ek uiteindelik vir die rotsglystawe gebruik het. Ek het die pyp gekoop sonder ’n plan, maar toe ek ’n foto van glystawe op die Hilux-4x4-forum gesien het, het dinge begin vorm aanneem.Ek het die afstand tussen die wielnisse gemeet, en toe planne beraam hoe om die glystawe so styf as moontlik teen die bakwerk vas te sit. Nadat die pyp en monterings klaar gemaak is, het ek dit met ’n roeswerende verf laat spuitverf.Wat was die grootste uitdaging?Dit was moeilik om tyd in te ruim om dit klaar te maak tussen al die ander goed wat ’n gesinsman besig hou. Maar met goeie musiek en ’n kas koues het dit my net twee Saterdagmiddae gevat.Wat sal jy volgende keer anders doen?Aanvanklik wou ek modderflappe voor tussen die glystawe en die voorwiel aansit, maar ek het toe daarteen besluit. As ek weer glystawe maak, sal ek terselfdertyd die flappe opsit en ook die pype se punte laat ombuig om dit meer afgerond te laat lyk.Watter reaksie kry jy?Almal wat dit sien, wil hê ek moet vir hulle ook glystawe maak, want dit werk soos ’n bom. Ek het juis die bakkie tydens Desember op die kruin van een van die duine by Vleesbaai “opgehang”, en daar was geen skade aan die bakkie nie.Stap-vir-stap-foto'sStap 1Die skuins plaatjies wat die monteringspunte versterk, is van dieselfde 8 mm-staal as die monteringspunte gemaak. Ek het kepe in die skuins plaatjies gesny om die staaf so styf as moontlik teen die bakwerk te laat pas.Stap 2Die voltooide glystawe het skaars meer as R450 gekos. Die grootste deel van dié uitgawe was om die voltooide stawe te laat spuitverf.Stap 3Die stawe is met 10mm hoë-spanningsboute aan die onderstel vasgebout.Stap 4Soortgelyke rotsglystawe kan meer as R2500 kos om te laat maak en installeer.

Marilize Nel

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM