Bou ’n laaistelsel vir jou DefenderBen van Dyk was op soek na ’n laaistelsel wat gemaak is vir ’n Defender – en sy spesifieke behoeftes. Toe bou die sagteware-ontwikkelaar hom sommer self.Hoekom het jy besluit om ’n laaistelsel te bou?Ek het die laaistelsel hoofsaaklik gebou om dinge te vergemaklik as ek kamp. Ek hou nie daarvan om veel langer as twee nagte op ’n plek oor te staan nie, dus wil nie elke keer die hele kar uitpak as ek iewers stilhou nie. Ek wou so gou as moontlik kon kamp opslaan, en sover moontlik uit die agterkant van die Land Rover leef.My behoeftes was twee laaie wat langs mekaar lê en afsonderlik oopmaak sodat jy makliker by alles kan bykom, en sodat jy die een laai as tafel en werkoppervlak kan gebruik. Dis baie nuttig as jy iewers stilhou om gou middagete te maak.Die houers binne die laaie moet maklik uitgehaal kan word sodat ek by die huis vinnig my kar kan in- of uitpak. En as jy soms eerder in ’n chalet wil bly, gly jy eenvoudig die laaie uit en vat die houers saam.Ek bly reg langs die see, dus het ek gesoek na iets wat nie sommer gou gaan roes nie en dit moes sterk genoeg wees om rowwe paaie te hanteer.Ek kon nêrens ’n stelsel kry wat aan bogenoemde behoeftes voldoen het nie. Jy kry dit wel vir ander voertuie, maar as gevolg van die Defender se smal ruimte tussen die wielboë het niemand nog só ’n stelsel gemaak nie. Jy kry wel gewone laaie vir Defenders of een groot laai.Hoe het jy beplan?Die beplanning het langer gevat as die bou van die stelsel. Ek het sommer op ’n stukkie papier ’n klomp konsepte geteken en só probeer agterkom wat sal werk.Die behoeftes wat my beïnvloed het (spesifiek vir die Defender en nie noodwendig op ander rygoed van toepassing nie) was dat die twee laaie tussen die wielboë moes inpas.Die stelsel moet ook nie hoër as die wielboë wees nie. Verder moet dit maklik kon skoonmaak en nie stof vergader nie.Maar geen ontwerp is perfek nie, en ek het gereeld agterin die Landie gesit en mates aangepas om die beskikbare ruimte die beste te benut.Watter materiaal het jy gekies en hoekom?Ek het ’n stewige raamwerk gesoek wat rowwe paaie en toestande kon hanteer en wat nie kan roes nie. As ek kon sweis, sou ek dit dalk van staal gemaak het, aangesien die raamwerk dan dunner kon wees. Maar dan sou roes ’n probleem wees.Ek het besluit op aluminiumhoekyster en -vierkantpyp vir die raamwerk en Connect-It-koppelstukke om dit aanmekaar te sit. Dit werk regtig goed en dis baie sterker as wat ek verwag het. Ek het die koppelstukke met klinknaels aan die aluminium gesit om dit nóg stewiger te maak.Vir die twee laaie se gly-meganismes het ek Furnlock se 1 219mm Super Heavy Duty-meganismes gebruik. Ek het gehoor hulle gee soms probleme in baie stof, en ek kan hulle dalk later vervang met beter gly-meganismes.Die meeste mense gebruik ammokiste vir pakstelsels. Maar dit pla my dat dat hulle nie deurskynend is nie. En daardie knippe frustreer my ook grensloos. Wie wil nou sukkel as jy kamp?Boonop sou ammokiste se grootte nie gewerk het nie. Eerstens is hulle te hoog. En tweedens sal twee nie langs mekaar in verskillende laaie agterin die Defender kon pas nie. Hulle is ook ’n bietjie te kort en mors dus met die beskikbare ruimte in die Defender. Die enigste voordeel van ammokiste is dat hulle sterk is.Ek het by ’n plastiekwinkel deurskynende houers gekry wat presies die regte grootte is. Sover het ek nog geen probleem met hulle gehad nie.Gereedskap gebruik:
- Saag
- Boor
- Klinknaelgereedskap
- Maatband
- Verfkwas
- Moersleutels om die stelsel vas te bout
Enige uitdagings in die proses – tegnies of andersins?Ek het lank gewik en geweeg oor watter soort blad ek op die raamwerk moes sit, asook waarmee om dit te bedek. Die blaaie van die stelsels wat jy koop, is meestal van hout en met tapyt oorgetrek.Maar ’n mat kan vuil raak van stof en water. Hout beskadig ook maklik met water. Ek het aluminiumblokkiesplaat sterk oorweeg, maar die son sou dit te warm gebak het en dit sou jou dus brand as jy op knieë agterin wil klim.Ek het op laaghout besluit en ’n swart gevlekte vernis gebruik wat vir hout-sondekke gemaak is.Die Landie se vorige eienaar het die agterste veiligheidsgordels verwyder. Ons het intussen ’n baba gekry en moes die veiligheidsgordels terugsit. Wat ek nie besef het toe ek die laaistelsel ontwerp het nie, was dat die boute wat die veiligheidsgordels vashou, in die pad sou wees. Dus moes ek my laaie met 25mm lig. Ongelukkig het dit nou veroorsaak dat my blad nie meer gelyk is met die wielboë van die Defender nie. En derhalwe kan my yskas (wat bo-op die blad vasgemaak word) nie meer 100% oopmaak nie omdat daar nou 25mm minder ruimte bo hom is.Wat sal jy volgende keer anders doen?Ek sal aluminium- of vlekvryestaalhouers laat maak om die plastiekhouers te vervang. Dan kan die hoogte weer gelyk met die wielboë wees.Hoe het die stelsel hom intussen gedra?Wonderlik! Dit vergemaklik my lewe baie terwyl ek kamp. Die vier houers bly permanent in die laaie as ons by ’n kampeerplek kom en word hoofsaaklik as kombuis gebruik.Ek het my laaistelsel in Maart 2011 voltooi en was sedertdien al by Shongweni, Midmar, Albert Falls, Hazelmere, die Wenen-wildreservaat, Pilanesberg en Marakele.Wat pak jy in die houers?In die eerste een pak ons ligte, vuuraanstekers, waspoeier, ekstra tentpenne, ekstra tou, en dies meer.In die tweede een kom opwasgoed in ’n boks waarin ek kompartemente gemaak het.In die derde een onbederfbare kos soos blikkieskos en pasta en ’n gietysterbroodpot en in die vierde een brood, koffie, tee, suiker, ketel, lekkergoed, ens.Ek haal nie die bokse uit as ons iewers stop nie. Ons leef dus so te sê uit die agterkant van die kar uit. Die yskas staan bo-op alles met die vleis en drinkgoed.Koste:Aluminiumvierkantyster: R428Aluminiumhoekyster: R2004 x Furnlock Super Heavy Duty 1219mm gly-meganismes: R1700Connect-It-koppelstukke: R26718mm-laaghout: R220Vernis: R120Klinknaels: R50Boute en moere: R504 x plastiekhouers: R400Totaal: R3 435Stap-vir-stap-foto'sStap 1Ben kan nie sweis nie, en het daarom aluminium-hoekyster en -vierkantpyp gebruik, en die raamwerk met Connect-It-koppelstukke en klinknaels aanmekaar gesit.Stap 2Die voltooide raamwerk en Furnlock-glymeganismes. Ben het op twee laaie besluit om die Defender se agterkant ten volle te benut.Stap 3Bo-op die laaistelsel is 'n blad van laaghout, wat met swaardiensvernis behandel is. Ben wou dit nie met mat bedek nie, omdat dit stof aantrek en water dit kan beskadig.












