Buitelewe

Camp Master Family Cabin 500

DEUR NICK DALLVan al die gesinstente wat ons getoets het, het hierdie vyfmantent die maklikste opgeslaan. Ek en ’n vriend het dit binne 10 minute gedoen – sonder sweet of skel.Die tent bestaan uit twee dele: ’n slaapdeel (hulle sê vir vyf mense, maar ek sou eerder sê drie of ’n gesin met twee klein kinders) en ’n ingeboude gazebo of leefgedeelte waarvan die mure meestal van gaas is.Veselglaspale span oor die dak terwyl dikker aluminiumpale die sypanele ondersteun. Die boseil bedek die hele slaapkamer, maar net die dak van die gazebo.As dit reën, gaan die stoepdeel deurnat wees; dus kan jy nie daarop staatmaak om dit as ekstra slaapplek te gebruik as die weer onvoorspelbaar is nie. Dis uitstekende waarde vir geld, en sluit ’n herstelstelletjie in.Kontak: Afmetings: 260 cm (w) x 440 cm (l) x 210 cm (h)Gewig: 14 kgGetoets: Oktober 2013

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM