
Met dié Earthfire-keramiekpizzaoond hoef jy nooit weer op ’n Vrydagaand Debonairs te bel nie.TEKS NICK DALLWat is dit? Dis ’n keramiekpizzaoondjie so hoog soos jou maermerrie en weeg ongeveer 10 kg. Die ontwerp sorg dat jy binne ’n halfuur ’n temperatuur van 350 °C in die oond het. En as hy eers warm is, bly hy vir ure lank so – jy kan jou seun se hele rugbyspan lag-lag gelukkig hou.Hoekom wil ek een hê? Die pizzakors is bros en rokerig, nes ’n régte Italianer s’n. En hy het ’n vlekvryestaalrooster; dus kan jy hom ook soos ’n gewone braai gebruik, óf as ’n alternatief vir ’n Weber.Hoe werk hy? Regtig goed. Steek net ’n vuurtjie binne aan en sit die deksel op sodra die kole begin vorm. Wag ’n halfuur voordat jy begin kosmaak. Net een ding: Moenie dat die pizzateël nat raak nie – dit gaan versplinter. Krap dit liewer met ’n paletmes skoon.Die uitspraak? Die pizzas is puik en die oond maklik om te gebruik. Ek kan nou nie sê hoe goed hy vaar as ’n ketelbraai nie, maar ek sou beslis een koop as ek ’n los geldjie iewers kry.Prys (September 2013) R2 700 by












