Buitelewe

Flitse | Tyd vir toorts koop!

O ja? Gedink die goeie ou lang flits is iets van die verlede? Soos kassetspelers? En Bryan Habana? Nee meneer, flitse se tyd het glo nog nie gekom nie. Vra maar enige gerekende handelaar en hy sal jou vertel hoeveel mense wat ekspedisies aanpak, nog gewonelang flitse koop.Die ding is, deesdae se flitse is nie meer so groot en swaar soos bakstene nie, en hulle is wraggies baie sterker as kopflitse.En tradisie speel natuurlik ook ’n rol. Nes daar altyd ’n mark sal wees vir blikborde en Land Rover Defenders, sal party mense altyd verkies om ’n flits in die ammokrat te hê.

Praat jy flitstaal?Lumen is die eenheid waarin die totale hoeveelheid lig wat ’n flits (of enige lig) afgee, gemeet word.Dis deesdae die standaard waarmee die sterkte van ’n lig beskryf word, in plaas van die outydse watt, wat eintlik net sê hoeveel elektrisiteit ’n lig gebruik.Lumen is ’n goeie aanduiding van die sterkte van ’n flits, maar dit vertel nie die hele storie nie. Dit meet die totale hoeveelheid lig wat die flits uitstraal, maar dit meet byvoorbeeld nie die skerpheid of intensiteit van die straal daar waar jy dit 30 m in die bosse in die hiëna se oë skyn nie. As jy dít wil weet, moet jy die flits se lux-waarde probeer vasstel.Behalwe vir die gloeilampie, kyk dus ook na die gehalte van die reflektor en die lens van die flits. Vra vir die verkoopsman of jy hom in ’n donker stoorkamer kan gaan skyn om te sien hoe goed hy werk.En hou in gedagte waarvoor jy die flits koop – as noodflits in jou bakkie of om nagvoëltjies op te spoor.LED LENSER V9-SLEUTELRINGFLITSDie bedoeling van ’n flits aan jou motorsleutels is dat dit altyd naby sal wees en maklik om in die hande te kry.Dis natuurlik ’n goeie plan, want as jy jou sleutels in die middel van die Namib wegsmyt, het jy ’n helikopter nodig, nie ’n flits nie.Nee, ernstig nou, die V9 is piepklein en so kragtig soos ’n mens amper nie van so ’n rakkertjie verwag nie. Dit weeg net 17 g en is kleiner as jou pinkie. Sy weerkaatser gee hom ’n lekker sterk straal.Sit hom aan jou sleutels en vergeet van hom, want dis ’n baie nuttige noodflitsie. Al wat pla, is dat jy dit nie kan aanskakel en neersit om te skyn nie. Jy moet die hele tyd die aan-knoppie indruk as jy dit wil gebruik.Maksimum helderheid: 13 lumenMaksimum batterytyd: 100 uurPrys? R100Kontak? Cape Union Mart0860 034 000;WegRy sê: Oorweeg ook Led-sleuterhouerflitsies van R20-R30 in buitelugwinkels.FENIX PD20 R2 TACTICAL TORCHHier’s nou vir jou ’n giftige kêreltjie. Dis so ’n bietjie groter as ’n Lip Ice-buisie, weeg minder as ’n Bar One (56 g) en dit skyn ’n gat deur ’n Coke-blik.Nee, dis net ’n grappie, maar op sy sterkste gestel, skyn dit helder genoeg (190 lumen) om in die nag ’n skool dolfyne in die branders te volg.Dis ook waterdig en kan regop staan soos ’n kers. En dis solied aanmekaargesit. Al wat pla, is dat dit ’n CR123-litiumbattery gebruik, wat tussen R45 en R60 kos.En dat dit self deksels duur is.Maksimum helderheid: Verstelbaar van 9 tot 190 lumenMaksimum batterytyd: Van 1 uur tot 35 uur, afhangende van die sterkte wat jy kies.Prys? R800Kontak? 021 975 2700;WegRy sê: Dis klein genoeg om in jou bedkassie te hou, en sterk genoeg as jy moet gaan kyk waarom die bure se hond bly blaf.SPOTLIGHT CAR TORCHHierdie flitsie laai sommer in jou voertuig se sigaretaanstekersok.Ja, dis ’n effense foefie en onprakties vir kamp, want ná sewe uur se laai, skyn hy net drie uur, maar dis nuttig om hom daar in die sok te los as ekstra lig vir ’n noodgeval.Jy kan dit gelukkig daarvan vergeet, want hy’s ontwerp om nie te oorlaai nie.Die straalsterkte is nederig – net 25 lumen – maar dis al wat jy nodig het om ’n pap band om te ruil of om ’n rukkie onder die enjinkap rond te krap.Maksimum helderheid: 25 lumenMaksimum batterytyd: 3 uurPrys? R200 (dit sluit nie posgeld in nie)Kontak? GRS Trading021 913 1262;WegRy sê: ’n Lekker Kers¬geskenk vir oupa Vasie.APPLO SHAKER TORCHKyk, jy gaan nou nie springhase jag met dié skudflitsie nie. Maar hy gaan jou ook nooit sonder batterye laat staan nie. Jy skud hom net soos ’n kroegman James Bond se Martini sal maak, en siedaar, hy skyn so ’n mooiblou kolletjie.Jy onthou dalk die term dinamo-effek vaagweg uit jou standerd 6-skeinatklas: Binne-in die flits gly ’n magneet in ’n rol koperdraadop en af en ontwikkel elektrisiteit.Maksimum helderheid: Nie beskikbaar nie, maar dis eerlikwaar maar floutjiesMaksimum batterytyd: Solank dit nie breek niePrys? R100Kontak? Builders Warehouse0860 284 53377;WegRy sê: Dis net die flits vir jou kinders! Dit hou hulle lekker besig in die aand en hulle raak nooit moeg om dit te skud nie.X-TACTICAL XR-E CREENie alle produkte wat die Chinese op groot skaal en goedkoper na-aap, is gemors nie.Vat nou maar hierdie flits – dis ’n uitstekende namaaksel van ’n duursame flits met ’n bekende handelsnaam, wat meer as twee keer soveel kos! Om die waarheid te sê, dié een se straal is skerper en helderder (die ligsirkel teen ’n wit muur skyn baie egalig) as die oorspronklike model s’n.En dit het beslis groter vermaaklikheidswaarde. As die geselskap rondom die kampvuur jou grensloos verveel, kan jy die kinders vermaak met die flikkerfunksie.Boonop het hy ’n duimskakelaar agterop, sodat jy hom saam met jou rollie kan mik en skyn, nes ou TJ Hooker destyds op die kassie.En dis nie al nie. Hy’t ook drie aanknip-kleurfilters: ’n rooie vir rondloop snags sonder om die diere skrik te maak, ’n groene om in die donker te lees (nuttig vir kaarte) en ’n bloue vir wanneer jy dit al weer nodig het om bloedkolle op te spoor.Maksimum helderheid: 136 lumenMaksimum batterytyd: 240 uurPrys? R280Kontak? Outdoor Warehouse0800 003 051;WegRy sê: As jy die nuutste Chinese flitse op die mark ignoreer, skiet jy jouself net in die voet. Dis bekostigbaar – en dit het soveel ekstra funksies dat dit eintlik in ’n Bruce Lee-fliek gebruik kan word.MAGLITE ML125Dié nuwe Maglite-flits het ’n verblindende maksimum straalsterkte (330 lumen – dis báie) en dit word aangedryf deur herlaaibare nikkelmetaalhidried- (NiMH) batterye.Om jou ’n beter aanduiding te gee – as dié flits ’n kar was, het dit die verrigting gehad van ’n Ferrari, maar was dit so lig op sous soos’n Toyota Prius.Die battery herlaai ook blitsvinnig – net 90 minute – en jy kan dit tot 1 000 keer herlaai voor dit vervang moet word (en omdat dit ’n Maglite is, weet jy daar sal altyd batterye beskikbaar wees).As jy dit nie kan herlaai nie, kan jy net drie groot (C-sel) weggooibatterye insit en laat waai met die straal.Boonop kan dit ’n redelike skok vat (jy behoort jou tentpenne te kan inkap by Oppikoppi) en dis waterbestand.Maksimum helderheid: 330 lumenMaksimum batterytyd: Nie beskikbaarPrys? R1 995Kontak? Lite Optec011 462 6986;WegRy sê: Ja, dis duur. Maar sy taaiheid, veelsydigheid en sterk straal maak dit ’n perfekte flits vir ’n oorlandreis.

WegRy

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM