Buitelewe

Hang ’n slag uit!

Hang ’n slag uit!Ek sukkel altyd om ’n wasgoedlyn in die kampterrein te span vir al die nat handdoeke en skoon klere. Ek het toe die volgende plan bedink.Jy benodig

  • ’n 6 m-nylontou
  • twee skuiwers (dieselfde soort as dié op jou woonwatent se ankertoue.)

Só maak jySaag met ’n figuursagie ’n gleufie in die skuiwer aan die kant waar die ronde gaatjie is. Maak seker jy saag nie die gleufie by die reghoekige gaatjie nie, anders gaan jou tou uitglip. Die gleufie moet net breed genoeg wees sodat jy die tou moet platdruk om deur te pas.Knoop ’n skuiwer vas aan elke punt van die tou deur bloot die punt van die tou deur die reghoekige gaatjie te druk en ’n knoop te maak.Span die tou om twee bome en haak die glyer met die gleufie aan die een kant aan die tou sodat dit ’n lus aan elke kant maak.

KOBUS CLOETE

Centurion

Adnaan Mohamed

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM