Buitelewe

K-Way Quinta-vrouereënbaadjie

Getoets deur Leon KrielDié baadjie het genoeg funksies, verstelpunte en eienskappe om jou droog, windbeskut en gemaklik te hou bo-op Kilimandjaro of wanneer ’n motreëntjie langs die rugbyveld uitsak terwyl Jannie sy eerste drie druk.Van die funksies sluit in:

  • Die baadjie is gemaak van K-Way se K-Teck-materiaal wat jou droog hou terwyl die baadjie asem haal.
  • Verstelbare kappie. Jy kan die kappie kleiner (of groter) maak om jou kop perfek te pas – niks wind kan inkom nie en die kappie sal gemaklik sit.
  • Met die dubbele ritssluiters kan jy die baadjie van onder af ooprits om gemakliker te klim of vir wanneer jy bestuur.
  • Luggleuwe onder die kieliebak help om die liggaam te laat afkoel terwyl jy droog bly. Die baadjie het vier sakke, waarvan een ’n groot binnesak is waar jy van jou Super C’s tot ’n stapkaart kan bêre.
  • Jou baadjie het selfs plek vir jou iPod met ’n gaatjie waardeur jy jou oorfoondraad kan ryg.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM