Getoets deur Mark JohnstonAs jy die soort ou is wat nie sonder 18 skoon onderbroeke, ’nhaarborsel en ’n opvouwasbak gaan stap nie, het dié bulletjie jou naam op. Sy maksimum dravermoë van 95 liter maak hom die grootste rugsak in Suid-Afrika.Maar dis sinloos om ’n rugsak met só baie spasie te maak as net Willem Alberts dit dra. Die stelsel waarmee jy die ruglengte stel, sorg dat die meeste van die gewig na jou heupe versprei word.Dit het nog twee nuttige eienskappe: Dit het ’n voorste ritssluiter wat dit maklik maak om by die hoofdeel uit te kom, en al die nate is verseël. Dis jammer van die bande wat bo-oor die kantsakke loop en oopmaak bemoeilik.Grootte: 75 + 20* literPrys: R2800Kontak: 021 380 6360
GEWILDSTE VANDAG
RUBRIEKE VANDAG
SPELETJIES VANDAG
Spesiaal vir intekenare!
Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag.
SPEEL SAAM










