Buitelewe

La Playa-koffiefles

Getoets deur Mark Johnston’n Koffiefles is so deel van die langpad soos frikkadelle en blou eiers.Die vervaardiger van dié La Playa-koffiefles (1,2 liter) beweer jou koffie gaan vir agt uur stomendwarm bly, maar hulle is te beskeie – toe ons hom getoets het, kon jy ná sestien uur nog die koffie drink.Die vlekvryestaal-ontwerpmet sy dubbele wand is sterker as die outydse flesse met die glas binne, maar jy moet steeds mooi werk met hom–met ’n diep duik gaan hy ’n bietjie van sy oemf verloor.Prys R370Kontak Greensport 021 915 5220; Weg sê Verhit jou fles met warm water voor jy jou koffie ingooi – só bly die boeretroos langer warm.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM