Plan B’n Lae woonwa en ’n oprit is nie altyd pêlle nie, maar Pieter Cloete van Randburg het met se vriende op die WegSleep-forum gesels, en nou loop dinge seepglad.Niks meer opdraandes met jou opritEk het ’n groot probleem gehad om ons woonwa, ’n 2007 Jurgens Penta, teen die oprit voor ons huis in te kry sonder dat sy onderkant skraap.Ek het op WegSleep se forum raad gevra, en ná heelwat bespreking het ek besluit om my problem met staalroosters op te los.Ek het twee roosters laat maak wat elk 2 m lank en 1 m breed is. Die drastroke (bearing bar) – dis nou die dik, onderste stawe van die rooster wat die gewig dra, is elk 30 mm hoog en 4,5 mm breed. My roosters staan dus 30 mm bo die pad.Die dwarsstroke, of traverse bar, wat bo-op die drastroke sit en die die roosters aanmekaar hou, is elk 6 mm breed.Die personeel by Supergrid in Johannesburg, ’n maatskappy wat spesialiseer in die vervaardiging van roosters, het op dié afmetings besluit sodat die rooster maklik die gewig van ons woonwa kan dra. Ek het ook besluit om die glyvrye vloerrooster te koop, met groewe in die oppervlak sodat dit beter klou aan my motorbande.
GEWILDSTE VANDAG
RUBRIEKE VANDAG
SPELETJIES VANDAG
Spesiaal vir intekenare!
Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag.
SPEEL SAAM










