TEKS NICK DALL FOTO'S JAMES GARAGHTYKyk, ’n ware Suid-Afrikaner gaan nou nie sommer ’n weggooibraai gebruik nie (behalwe dalk expats in Engeland), maar vir dié artikel moes ek darem een toets.Ek sal nou nie ’n onthaal beplan rondom dié braai nie, maar was ek nou aangenaam verras! Jy kry selfbrand-houtskool en ’n roostertjie – al wat jy moet bring, is ’n vuurhoutjie en ’n paar tjoppies.Die vervaardiger beweer jy kan binne 15 minute braai, maar dis meer hier na ’n halfuur se kant toe. Die besigheid gee nogal rook af, maar verder het ek geen klagtes nie – my tjops en wors was perfek gebraai.Hy’s groot genoeg om vir vier mense te braai – gooi hom in die kattebak as julle weer in die veld gaan rondry. Pasop net: Hy bly nog vir lank warm – blus die kole behoorlik voordat jy dit weggooi.R35 (September 2013) by Checkers
GEWILDSTE VANDAG
RUBRIEKE VANDAG
SPELETJIES VANDAG
Spesiaal vir intekenare!
Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag.
SPEEL SAAM










