Buitelewe

Padtoets: Nissan NV200 Combi

DEUR MARNUS HATTINGH FOTO'S So stilweg is daar al meer mededinging in die intreevlak-bussiemark. Dis nou vir klein bussies wat ’n menigtal funksies moet verrig: van kinders skool toe en sportveld toe vervoer tot personeel na die kantoor karwei of ’n bergfiets by die wegspringpunt aflaai.Klein besighede gebruik hulle as ’n nutsbussie, en gesinne beskou hulle as ’n sakpas-ryding tot daar eendag ’n weeldesedan nader gehark kan word. So, naas die Daihatsu Terios Long en die Toyota Avanza het ons nou ook ’n Nissan-bussie, die sewesitplek-NV 200 Combi. En die Combi is ’n lekker praktiese kêreltjie.Die agterste twee sitplekke kan teen die kante wegvou en die agterste sitbank kan platvou sodat jy maklik twee fietse (sonder om dit uitmekaar te haal) kan ingooi. Ek hou ook van die twee skuifdeure weerskante, die maklike manier om in te klouter en die sitplekbekleedsel wat duidelik duursaam en stewig is.Voorlangs is die ratkierie hoog en by jou linkerhand geplaas. Kies tussen ’n billike 1,6 liter petrol- of ’n frisser 1,5 liter turbodiesel – albei aan ’n vyfgang handratkas gekoppel. Die Terios is wel met ’n 4x4-model te kry, maar is nie so veeldoelig nie. Die Avanza weer het net twee flouerige petrolenjins.Getoets in Oktober 2013

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM