Buitelewe

Padtoets: Toyota Hilux Raider

Toyota Hilux 2.5 D-4D Raider: Selfde enjin, hope kragDEUR MARNUS HATTINGHGoeie nuus vir die bakkiemanne: Toyota het uiteindelik meer woema in die kuite van sy gewilde Hilux-reeks gepomp. Die ou staatmaker-2,5 liter-turbodiesel is weer ’n slag deur die witjasse beetgekry en lewer nou meer krag sonder dat die enjinverplasing vergroot is.Waar die ou weergawe ’n baie middelmatige 75 kW en 260 Nm wiele toe gestuur het, skop die die opgeknapte enjin 106 kW en 343 Nm uit. Kyk mooi na daai wringkragsyfer – dis dieselfde as die 3 liter-turbodiesel s’n.Toyota sê die slim ouens in Tokio het die lem-eenheid van die turboaanjaer met ’n nuwe weergawe vervang. Waar die ou turbo soliede lemme gehad het, kan die nuwe eenheid s’n van hoek verander.Kortom, as jy vetgee, lê die lemme “plat”, en as jy net so met die regtervoet kielie, sal die lemme orent staan om gouer turbodruk op te bou. Die resultaat is meer krag sonder om jou brandstofverbruik deur die dak te laat skiet.Die goed. Buiten die meer woema het Toyota nie te veel getorring nie. Die syspieëls kan nou met die druk van ’n knoppie platgevou word, terwyl die hoofligte ook op en af gestel kan word.Die minder goed. Die dubbelkajuit-Raider (in sy Raised Body-afwerkingsvlak) het hoë grondvryhoogte (31,8 cm), maar steeds net ’n vyfgang-handratkas.Prys (Junie 2013) 2.5 D-4D Raider-dubbelkajuit: R358 000Slotsom. As ’n intreevlak-enjin in die Hiluxreeks maak die frisser 2,5 liter-diesel nou hope sin – dit was hoog tyd.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM