Buitelewe

Petrus se nuwe wa

Dié foto en storie van , het ons lesers diep geraak. Petrus woon saam met sy gesin in ’n flenters woonwa op Andriesvale anderkant Upington.Een leser het vir ons ’n brief geskryf om te vra of daar ’n manier is om hom te help, maar voor die brief ons nog bereik het, het een van die forumlede reeds die voorstel gemaak om geld bymekaar te maak om vir Petrus en sy mense ’n beter woonwa te koop om in te bly.Dit was nie lank nie of daar was genoeg geld om ’n ou Gypsey 3B vir R9 000 te koop. Die woonwa is padwaardig en gelisensieer. Die wa is in ’n puik toestand, maar die plan is nou om dit selfs nog meer spoggerig te maak met onder meer ’n sonpaneel en LED-ligte sodat Petrus-hulle krag en lig in die wa het sonder om van elektrisiteit afhanklik te wees. Dan is dit tyd vir ’n “Road Trip” Upington toe om die wa te gaan afgee.Kliken volg die verhaal van Petrus se nuwe wa op ons forum en hou jou oë oop vir die volledige storie in die Junie-uitgawe van WegSleep.Hier is die wa wat die lesers vir Petrus en sy familie gekoop het.

Christo de Wet

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM