Af en toe is daar ’n klein struikelblok in die kampterrein, maar gelukkig het WegSlepers ’n oplossing vir die meeste van hulle. Hou die vuurhoutjies bymekaarOns het onlangs deur Namibië gereis en het op slegte grondpaaie gery wat jou besittings in die wa uitmekaar skud – veral die klein dinge soos vuurhoutjieboksies. Dié los boksies lê gewoonlik jou hele pakkrat vol en soms val die vuurhoutjies by die boksies uit.Maak die vuurhoutjieboksies aanmekaar vas deur een sy van elkeen op een strook kleefband te plak. Jy kan dit óf twee-twee plak óf sommer ’n hele string maak.Kleefband is ook nuttig om kratte en ander houers te seël, al is dit nie so netjies soos ’n kabelstrop nie – dit werk.
Danie de Lange
Brits












